Slaan oor na hoofinhoud

Die Rebellie van Lafras Verwey

#Flieknuus: 


DIE REBELLIE VAN LAFRAS VERWEY is ’n tragikomedie, wat gebaseer is op die 1971-drama wat deur die oorlede skrywer en sy seun, Simon Barnard, verwerk is in ’n eietydse draaiboek. Dit vertel die verhaal van Lafras Verwey, ’n aardsverlore siel wat nooit die werklikheid rondom hom kon aanvaar nie. Hy werk in die Staatsdiens, maar hoor ander musiek in sy ore en droom drome oor ’n wonderlike toekoms. Hy sien homself as ’n sleutelfiguur in die voorbereiding van ’n groot rebellie wat die gesig van die wêreld sal verander. Wanneer hy Petra, ’n jong swanger vrou, onderdak neem, kry die rebellie vir hom nog groter betekenis. Ironies genoeg, begin sy gedroomde revolusie juis die nag wat die baba gebore word. Komedie, drama en elemente van fantasie, word verweef in ’n aangrypende storie, van ’n man wat kans sien om die onmoontlike aan te durf om sy droom, van ’n beter wêreld vir almal, te verwesenlik. Die rolprent is vervaardig deur geliefde aktrise en regisseur, Katinka Heyns en Genevieve Hofmeyr, onder leiding van opkomende filmmaker, Simon Barnard. Laasgenoemde maak ook sy debuut as regisseur van ’n vollengte speelfilm met dié boeiende verhaal, wat op 7 April 2017 landswyd deur Ster-Kinekor Entertainment uitgereik word. 
(Starburst Promotions)


Foto: Jennifer Wheatley

Een van ons span, Hubri Bruyn, het hierdie film se Premiere bygewoon in Randburg die 23ste Maart. 

'n Boeiende storie met 'n diep geweefde kinderlikheid. Díe pure onskuldigheid vertolk deur die uitstekende akteur, Tobie Cronjé, was baie treffend.
Ons almal het so stukkie Lafras Verwey binne ons en die wat dit nie het nie, moet dit kry. Hy glo soos 'n kind en met diep oortuiging. Dit het my lank bygebly selfs toe die film 'n tydjie reeds verby was.
Die film het verskeie emosies in my wakker gemaak. 'n Gelag en hartseer ook.

                                                          Foto: Jennifer Wheatley


Die film is geskik vir volwassenes, veral vir die wat die boek destyds in hulle skooljare as voorgeskrewe werk gehad het sal dit kan geniet!
As jy 'n goeie storie en akteurs se fantastiese rolspel en talent kan waardeer is hierdie fliek vir jou!


Hoofrolle: 
Lafras Verwey – Tobie Cronjé
Petra – Chantell Phillipus
Agent – Neels van Jaarsveld
Leon Nell – Albert Pretorius
Louw – Cobus Visser

Vervaardigers: Katinka Heyns en Genevieve Hofmeyr
Uitvoerende vervaardigers: Jan du Plessis, Theuns Eloff en Marvin Saven
Medevervaardigers: Karen Meiring en Astrid de Vos
Draaiboek: Chris en Simon Barnard
Regisseur: Simon Barnard
Kinematograaf: Willie Nel
Produksieontwerp: Franz Lewis
Redigeerders: Avril Beukes en Marcelle Mouton
Kostuumontwerp: Reza Levy
Musiek: Janine Neethling




Premiere Fotos en inspirasie: deur Hubri Bruyn











Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra


#NasieInspirasie se doel is om sleepvoet-dromers te inspireer. 
Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes.
“‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.” 
#nasieinspirasie







Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...