Slaan oor na hoofinhoud

BREATHE - with her love he lived




Wat sou jy doen as jou man se lewe ewe skielik onherroeplik verander en hy is by moedopgee se deur? Jy weier dat hy opgee en help hom leef met jou liefde, net soos wat Diana Cavendish (Claire Foy) gedoen het in hierdie inspirerende ware verhaal, wat eersdaags lewe kry op die silwerskerm.

BREATHE is akteur, Andy Serkis (Lord of the Rings, The Hobbit: An Unexpected Journey, Rise, Star Wars: The Force Awakens, Dawn of the Planet of the Apes) se debuut as regisseur en hy het baie nou saam met draaiboekskrywer, William Nicholson (Gladiator, Les Misérables, First Knight) gewerk om hierdie storie van sy beste vriend en vervaardiger, Johnathan Cavendish (Bridget Jones’s Diary, Elizabeth: The Golden Age) se ouers met sensitiwiteit en empatie te vertel.

Wanneer die agt-en-twintigjarige avontuurlustige en charismatiese, Robin Cavendish (Andrew Garfield) skielik verlam raak nadat hy polio in Afrika opgedoen het, is sy lewe aan skerwe. Maar gelukkig vir hom, weier sy vrou om op te gee en neem sy hom huistoe, teen almal se aanbevelings. Haar liefde en positiewe gesindheid help hom deur hierdie moeilike tyd van sy lewe en hulle besluit saam om nie toe te laat dat hierdie siekte hulle onderkry nie. Hulle gebruik ook hulle lewenslus en humor om ander, wat in moeilike omstandighede is, te inspireer en ’n bietjie nuwe tegnologie maak dit vir hom moontlik om uit die bed uit te kom en nuwe avonture te ervaar. Hy word later een van die grootste kampvegters vir gestremdes, regoor die wêreld.

Die fliek, wat afspeel in die 1950’s spog nie net met pragtige dekor en kostuums nie, maar ook met ’n sterbelaaide rolverdeling. Andrew Garfield, wat Robin speel, is veral bekend is vir sy rolle in The Social Network, Never Let Me Go, The Amazing Spider-Man en Silence. Claire Foy, wat die regkry om Diana Cavendish se persoonlikheid perfek vas te vang, is bekend vir haar rolle in Season of the Witch en Going Postal. “Die belangrikste ding wat ons moes verstaan en vasvang, was die paartjie se liefde vir mekaar. Ek wou haar nie oorsentimenteel laat voorkom nie en sy moes ook nie soos ’n weldoener, engel of ongelooplike tipe verpleegster lyk nie. Want hulle liefde, was ware liefde,” sê Foy oor haar voorbereiding vir die karakter. Hugh Bonneville, wat al benoem is vir BAFTA-, Emmy- en Golden Globe-toekenning vir sy rol in Downtown Abbey, en Tom Hollander (Mission Impossible,About Time, Pirates of the Caribbean) is ook in die fliek te sien.

BREATHE is by die Toronto Internasionale Rolprentfees bekendgestel in September en is ook tydens die openingsaand van die BFI London Film Festival vertoon. Dit is reeds benoem vir ’n Archie-toekenning vir Beste Debuutspeelfilm by die Philadelphia-filmfees en Beste Grimering- en Haarontwerp en Klank by die Onhafhanklike Britse Filmtoekennings. Tydens die Heartland-rolprentfees, is dit bekroon met die Hartroerende Film-toekenning.

Hierdie storie-van-hoop is ’n inspirerende en emosiebelaaide liefdesverhaal wat die dapperheid van menswees vier en kykers aanmoedig om die beste te maak van elke oomblik van die lewe. Dit sal aanklank vind by gehore van alle ouderdomme, maar veral ook as jy gehou het van The Theory of Everything, Lion, The Imitation Game en Brooklyn.

BREATHE word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment en sal landswyd vrygestel word op 19 Januarie 2018.


Kyk die Lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=7_YnYrLfjxA

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/BreatheFilmUK/
Twitter: @BreatheMov
Instagram: @breathemov

Dankie Starburst Promotions

Volg #NasieInspirasie
Facebook: NasieInspirasie/NationInspiration
Blog: www.nasieinspirasie.blogspot.com
Instagram: @nasieinspirasie
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...