Bakgat se maklike vrugtekoek resep.
Die geheim van lekker vrugtekoek is dan dat jy vir ongeveer ‘n maand na die koek gebak is, elke week so 50ml brandewyn net weer oor die koek gooi en mooi seël in lugdigde houer. Na ‘n maand is daardie koek goed geweek en smul elke vrugtekoek pessimis met net soveel oorgawe!
(spesiaal vir Kersfees)
Bestandele:
500g margarien
500ml / 2 koppies suiker
9 eiers
625g koekmeel
5ml bakpoeier
5ml nutmeg
7,5ml mixed spice
100g neute (ek gebruik gevlokte amandels, maar jy kan enige neute van jou keuse gebruik)
1,4kg baker’s mix (by bak winkels kry jy verskillende pakke: Net gemengde rosyne, rosyne met kersies of rosyne, kersies en neute) Jy kan weereens kies watter een jy wil gebruik.
250ml brandewyn (enige handelsnaam)
Hoe nou gemaak?
Klits die margarien en suiker saam tot sag en romerig.
Breek eiers een vir een by en klop deeglik voor volgende eier bygevoeg word.

Sif meel, nutmeg, mixed spice en bakpoeier by.
Plaas in gesmeerde panne en bak vir ongeveer 1h30 by 140˚C. Ek gebruik 2 groot silikon ringpanne vir die hoeveelheid beslag, maar indien ek kleiner pannetjies gebruik, bak dit net ‘n bietjie korter tyd. (PS: Silikon panne hoef nie gesmeer of gespruit te word nie).
Hou net dop vir wanneer die koeke heerlik bruin gebak is bo en die toetspen skoon uitkom wanneer jy toets of dit gaar is.
Die geheim van lekker vrugtekoek is dan dat jy vir ongeveer ‘n maand na die koek gebak is, elke week so 50ml brandewyn net weer oor die koek gooi en mooi seël in lugdigde houer. Na ‘n maand is daardie koek goed geweek en smul elke vrugtekoek pessimis met net soveel oorgawe!
Lekker resep deur Charmaine van #Bakgat
(Meer oor Charmaine)
Volg #NasieInspirasie
Facebook: NasieInspirasie/NationInspiration
Blog: www.nasieinspirasie.blogspot.com
Instagram: @nasieinspirasie
Twitter: @iskra
#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie
#nasieinspirasie
Opmerkings
Plaas 'n opmerking