Slaan oor na hoofinhoud

The Vagabond

Charmaine Hurter en Francois Nortjé het gaan inloer by die boek launch van Frank Rautenbach se inspirerende boek, 'The Vagabond'.

Dit was gehou by The Uppercase Boekwinkel in Menlyn Maine waar Starburst Promotions 'n fenominale promosie gelewer het.

Berta le Roux (Emma in 7de Laan) het 'n informele onderhoud met Frank gevoer waar bietjie meer oor sy boek, maar ook sy persoonlike lewe, gesels is. Daarna kon die media hom vrae vra waarop hy lekker gemaklik met ons gesels het. Ons het hom beleef as ernstig met 'n fyn sin vir humor.

The Vagabond gaan oor Frank se soektog na God se wil vir sy loopbaan en lewe en bemoedig elke persoon wat die boek lees om regtig te gaan soek na die betekenis in sy lewe. Frank se vraag vir jou is: "Is your life worth living?"

Die boek word beskryf as 'n maklike lees, tog raak dit jou persoonlik.' Easy to read, but not an easy read'.

Frank het met ons gedeel dat hy deur storms moes gaan om die ware toestand van sy hart te kon herken en ondersoek. Sy raad aan Jan Alleman, wat ook sukkel met die storms van die lewe, is om net te begin met eerlike gesprekke met die Here, en om Hom te begin vertrou met elke fasset van jou lewe.

Ons het die kuier saam met Frank geweldig geniet en sien uit daarna om meer van hom te lees in die toekoms.

Volg ons op sosiale media om op hoogte te bly met meer inpirerende nuus!

 #nasieinspirasie





'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand
#nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...