Positief en Negatief
Party sal sê te veel van 'n goeie ding is wonderlik, veral as dit by roomys kom, maar ons almal weet die teendeel is waar.
Te veel van selfs 'n goeie ding is nie goed vir jou nie.
Te veel son, te veel water, te veel kos, te veel suurstof, te veel soetgoed, te veel oefening, te veel werk, te veel speel, te veel stimulasie.
Soos 'n battery wat oorlaai word met energie. Te veel “positief” ?
Ons samelewing probeer elke dag so vol maak met inligting, aktiwiteite, selfs “memories”. Die gejaag na wind woed voort. En ek moet hier bylas ek geniet dit net so baie om baie gedoen te kry en moet ook noodgedwonge soms jaag. Maar dit is nie iets wat ons elke dag kan volhou nie.
Oorlaai van batterye is soos oorlaai van die kameel, pasop om sy rug te breek met daai laaste stukkie strooi.
Geen wonder ons is almal, grootmense en kinders, is so “wired but tired”.
Ons kan nie gereeld afskakel nie, ons staar grootoog en doodmoeg na die skerms so lank as wat ons kan uithou, tot ons uitpaas. Of is dit net ek?
Will
net
niks
mis
nie.
Ons mis uit op vrede. Ons mis rus. Die teenoorgestelde pool van opwinding.
Vat die goeie saam met die sleg.
Die bitter saam met die soet.
Maak tyd vir rus ook.
Rus is nie tydmors nie.
Hoe ontlaai jy?
Wat maak jy met die “energie” wat jy ingesit het?
Waar giet jy uit wat jy gekry het?
Sit net, droom net, wees net, bid net weer so bietjie en herstel jou batterye.

Die “negatiewe”?, die ontlaai.
Ons dink soms dat TV of Facebook ontspanning is, maar dit hou eintlik ons oë en brein so besig om alles te probeer inneem, wat nog van prosesseer. Dis dalk hoekom ons sukkel om te slaap?
Vat die goeie saam met die sleg.
Die bitter saam met die soet.
Maak tyd vir rus ook.
Rus is nie tydmors nie.
Hoe ontlaai jy?
Wat maak jy met die “energie” wat jy ingesit het?
Waar giet jy uit wat jy gekry het?
Sit net, droom net, wees net, bid net weer so bietjie en herstel jou batterye.
Geskryf deur Melissa Viljoen
'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie
Opmerkings
Plaas 'n opmerking