1. Naam en Van? Riska Du Plessis, Skryfnaam: iskra 2. Wat is jou Werk? Ek is 'n vrou vir my man en 'n ma vir my kinders. Ons woon in Danabaai, naby aan Mosselbaai en geniet die lewe en mense hier. Ek het NasieInspirasie amper 7 jaar terug begin onder my skryfnaam iskra. Dit is 'n russiese woord, bevat al die letters in my naam en beteken VONK . Nasieinspirasie se leuse is: " 'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand." Gee net wat jy het, dit maak 'n verskil - jy is genoeg! Nasie is 'n plek waar ek van my kreatiwiteit uitleef en hopelik ander s'n aan die brand steek. Ek voer onderhoude op die blad, doen publiserings en baie van die grafiese werk en ontwerp van die gedrukte uitgawe. Ek is baie lief daarvoor om liedjies saam my man te skryf en te sing, ook om gedigte te lees en te skryf. Volg my gerus op my sosiale media platforms: geskryf deur iskra ( Facebook & Instagram ). 3. Waaroor is jy passievol? Ek LEEF op li...