Slaan oor na hoofinhoud

Los dit vir Liefde - geskryf deur iskra

In die lig van liefde vir mekaar, verhoudings, gebroke mense en lewe oor die algemeen bring dit soms tye van baklei tussen mekaar en ook hier in ons mooi land, Suid Afrika.

Soos die ANDERS ORKES se lied saam HemelBesem, 
Die Tyd is nou: https://www.youtube.com/watch?v=GH_WrY4eHP0
ervaar ek regtig dat hierdie die tyd is om net te staan en dat God die baklei-werk sal doen. 

Ons almal staan in een of ander stryd of baklei. 
Mense wie teen mense baklei. 
'n Baklei vir oorlewing en basiese behoeftes. 
Sommiges baklei om gehoor te word en 
ander baklei om uitgelos te word.

Party se innerlike oorloë is so hard in hul binneste dat niks of niemand wat aan die buitekant staan 'n impak het nie.

Oorlog is ook tasbaar en blaas rook net 'n paar tree van jou 

voordeur af tot in jou huis.

Daar is oorl
 wat lê en bloei op die vloer en ander is weer gewapen met haat en wil terug seermaak, vol wraak...

Liefde sê, los dit vir My. Los dit vir My...Bly jy uit die baklei. Al kan jy nie verligting met jou naakte oog sien nie, weet dat Hy VIR jou is - moenie baklei nie, maar
bly STAAN IN MY.











He said, 
"Listen, all you people of Judah and Jerusalem! 





Listen, King Jehoshaphat! 



This is what the LORD says: 



Do not be afraid! 



Don't be discouraged by 


this mighty army, 



for the battle is not yours, 


but God's.



2 Chron 20:15





#nasieinspirasie

iskra





Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra


#NasieInspirasie se doel is om sleepvoet-dromers te inspireer. 


Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en 


natuurlike gawes - al voel dit vir jou of dit nie genoeg is nie. 


Begin net daar waar jy is en moenie ophou om dit te gebruik nie. 


“‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.” 


#nasieinspirasie 





Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...