Slaan oor na hoofinhoud

ANDERS


1. Baie Welkom by #Nasieinspirasie! 
Wat inspireer julle om te doen wat julle doen?

Baie dankie!! Ons probeer fokus op als wat mooi is in die lewe. Liefde, ons mooi land, God en ons dogtertjie inspireer ons. Natuurlik is daar tye wat mens emosioneel is oor iets wat nie so lekker was nie en dan is dit ook lekker om uiting te gee aan jou emosies/gevoelens. Ons is mal oor wat ons doen en het al lank terug besluit dat ons eerder dit kies al het ons nooit altyd geweet hoe die toekoms lyk nie en of ons elke maand 'n vaste paycheck gaan kry om ons drome te volg nie. Ja daar is soms moeilike tye, maar ons stem na 8 jaar nog saam dat dit die beste besluit van ons lewens was!


2. Julle het onlangs ‘n nuwe lied vrygestel saam met HemelBesem. Vertel ons wat dit geinspireer het en hoe hierdie ervaring vir julle was?
Dit was ongelooflik. Hemelbesem is 'n meester wanneer dit kom by lirieke skryf en sy boodskap het presies ingepas by dit wat ons wou oordra. Die lied gaan oor die toestand waarin ons is op die oomblik in Suid-Afrika asook die wêreld. Baie van ons sê nie hoe ons regtig voel nie omdat ons bang is vir die backlash wat dit gaan bring. Dis waaroor die lied gaan. Jy het net een lewe. Staan op vir dit waarin jy glo, sê jou sê. Die groot ding op die ou einde is respek. Ons hoef nie almal saam te stem nie, maar ons MOET mekaar se opinies respekteer.


3. Ervaar julle dat julle in ‘n nuwe seisoen is en wat is die hoogtepunte sover?
DEFINITIEF! Ons het 15 maande terug ouers geword. Dit is beslis die grootste hoogtepunt van ons lewens sover. Ons vier ook vanjaar ons tiende huweliksherdenking wat natuurlik ook 'n groot mylpaal is (en ons is darem nogsteeds erg verlief)! Verder was die twee Ghoema toekennings (Beste album deur 'n duo/Groep van die jaar/ en Album van die jaar nominasie) vir ons laaste album #EkOnthou 'n groot verassing en klop op die skouer. Dis die eerste projek wat ons heeltemal by onsself aangepak het sonder 'n platemaatskappy of iemand groot in die industrie wat agter jou staan. Om onafhanklik te wees is nie speletjies nie en die toekennings het vir ons gewys dat dit gedoen kan word.


4. Wat sou julle vir ‘n Sleepvoet-Dromer sê wat nie sy eie waarde of gawes ‘n kans gee nie?

Daar gaan altyd iemand wees wat NIE van dit hou wat jy doen nie. Maak net vrede met die feit dat daar altyd IEMAND is wat wel daarvan gaan hou. Dis 'n moeilike industrie en jy mag dalk voel dat iets anders meer standvastigheid sal bring. Vat eerder die kans en op die regte tyd sal dinge gebeur! Wees eerlik met jouself oor dit wat jy aan kan werk en dit waarin jy klaar goed is. Kry die regte mense om mee saam te werk. In hierdie industrie kan jy dadelik kwaliteit hoor en ook ongelukkig die gebrek daaraan. Moenie net die resep volg van hoe afrikaanse musiek moet klink nie, kry JOU klank, JOU emosies oor, JOU stem! Moenie enige iemand probeer copy nie. Die wêreld wag dalk net vir iemand presies soos jy


5. Watter ander dinge is julle oor passievol? 


Ons is BAIE lief vir kos (dalk bietjie te veel). Wynand is mal daaroor om kos te maak. Van pork belly, tot Thai geregte, Jamie Oliver se crispy duck lasagne, Salmon met witwynsous, ag enigeiets lekker! Hy neem ook ongelooflike mooi fotos en hou daarvan om dit te doen in sy vrye tyd. Lindi kies om vir nou voltyds mamma vir Karmin te wees en skryf ook baie van Anders se liedjies wanneer sy voel inspirasie skop in. Sy was al aktrise en aanbieder en hoop om bietjie een van die dae by 'n lekker projek betrokke te raak.


6. Noem julle top 5 SUID AFRIKAANSE BANDS 
of musikante wie julle inspireer

Karen Zoid ons gunsteling rocker chick!
Elvis blue (mooiste liedjies, great verhoog-persoonlikheid)
Riana Nel (mooiste stem)
Just Jinger (Ons het hulle al geluister toe ons tieners was)
Dan Patlanski (Wynand is 'n professionele session kitaarspeler, 
so dit maak net sin)


7. ‘n Gunsteling Quote wat tans iets vir julle beteken?

"And let us not grow weary of doing good, for in due season we will reap, if we do not give up." Galatians 6:9





Volg ANDERS deur hulle sosiale media skakels:
Twitter & Instagram: Anders_Orkes

BeVonkTe musiekvideo saam Hemelbesem hier
DIE TYD IS NOU:
#nasieinspirasie




Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra


#NasieInspirasie se doel is om sleepvoet-dromers te inspireer. 
Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en 
natuurlike gawes - al voel dit vir jou of dit nie genoeg is nie. 
Begin net daar waar jy is en moenie ophou om dit te gebruik nie. 
“‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.” 
#nasieinspirasie 


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...