Slaan oor na hoofinhoud

GERHARD



#NasieInspirasie het gaan kuier by die AGS Mosselbaai gemeente. In dié tyd het Gerhard, die Pastoor, 'n inspirerende reeks gesprekke gehad oor verhoudings, hoe 'tricky' verhoudings kan wees en hoe ons mekaar werklik lief kan hê deur ons lewens. Hier gesels ek met Gerhard oor sy passie, lewe en inspirerende siening oor liefde in God se Storie. 

'n Klein vonk kan 'n groot woud laat brand.

#nasieinspirasie




1. Vertel ons lesers asseblief meer oor jouself?

My naam is Gerhard, ek is 'n pastoor by Mosselbaai AGS - vir baie jare al. Ek is getroud met Ricoleth en Lisa is ons dogter. Lisa sou seker graag in 'n stad wou woon maar ek en Ricoleth is baie gelukkig hier in Mosselbaai.

2. Wanneer het jy tot die besef gekom dat jy passievol is om met mense te werk/Pastoor wou wees?



Van kleins af was ek nog altyd baie lief vir die Bybel en van tiener-tyd af het ek ‘n passie gehad om dit met mense te deel. ‘n Paar jaar terug het hierdie passie en liefde ‘n nuwe diepte bereik toe ek ontdek het dat die Bybel God se Groot Storie vertel en dat ons almal eintlik in daardie storie lewe. 


3. Ons algehele tema op #nasie vir hierdie maand is om te fokus op liefde. Liefde vir God, liefde vir onsself en liefde vir ons mede-mens.
Ons besef nie aldag dat ‘n klein gebaar ‘n groot verskil kan maak in ‘n gemeenskap nie. Hoe sou jy graag mense wou inspireer om saam te werk en ‘n positiewe verskil te maak net daar waar hulle is?

Een van my gunsteling aanhalings is van Brian McLaren: “People don’t act based on reality. People act based on the stories they believe about reality.” Ek sou baie graag die storie van God op so ‘n manier wou vertel dat almal van ons sal besef dat daar betekenis is in alles wat ons doen. Baie mense voel God nie in die alledaagse roetine en die klein dinge wat ons doen vir mekaar nie. Hierdie Storie vertel dat God die Skepper van alles is. Dit beteken daar is nie iets wat ek doen wat nie met God te doen het nie en omdat God liefde is, is daar nie iemand of iets, maak nie saak hoe klein die iets is, wat nie die potensiaal het om sy liefde te weerspieël nie. Ek dink ons raak net baie deurmekaar oor die storie waarin ons leef en wie ons eintlik is in hierdie storie: Sy Beeld!




4. Watter ander dinge is jy oor passievol?

Ek is baie lief vir die see, surf, sokker (Barcelona), musiek maak en enige vorm van “Beauty” – mooi dans of mooi stories.


5. Wie is jou top/gunsteling BANDS?
Toto, Georgia, Sting, All Sons and Daughters


6. Watter “quote” of vers is tans vir jou inspirerend?

“...sodat Hy in alles die eerste kan wees.” Kolossense 1:18





Sou jy na die reeks oor VERHOUDINGS wou gaan luister
(audio) volg gerus hierdie skakel:


Meer oor hierdie gemeente, volg die skakels:

FACEBOOK
Webtuiste

Tel: 044 690 3384
e-pos: admin@mosselbaaiags.co.za





Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra



#NasieInspirasie se doel is om sleepvoet-dromers te inspireer. 
Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en 
natuurlike gawes - al voel dit vir jou of dit nie genoeg is nie. 
Begin net daar waar jy is en moenie ophou om dit te gebruik nie. 
“‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.” 
#nasieinspirasie 





Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde