#NasieInspirasie het met Yolandi van Oasis Club gesels. Sy het Oasis begin as ondersteuning vir Mammas wat gekies het om hulle kroos tuis op te voed. Mammas wat meer betrokke wil wees by hulle kinders op die onderrigpad. Tuisonderrig kan miskien isolerend voorkom vir sommiges, maar nie as jy kies om hande te vat met ander en dit aan te durf met 'n Club soos Oasis as jou ondersteuning nie. 1.Wat is OASIS en hoe het dit begin? Oasis is ‘n ondersteuningsklub vir mammas. Ons fokus op mammas wat aktief deel van hulle kinders se onderrig is. Hierdie pad is dikwels ‘n alleen pad en ons stap daardie pad saam met ‘n ma. Op die oomblik het ons ‘n mamma-vriendelike speelgroepie en bied ons aanlyn ondersteuning asook werkswinkels. Die werkswinkels word deur ‘n verskeidenheid kenners aangebied, maar almal het een doel voor oĂ« en dis om die ma te bemagtig. Binnekort maak ons skoolgereedheidsklas oop wat fokus op Afrikaanse, Christelike onderrig met die klem op klein klassies. Baie...