Slaan oor na hoofinhoud

Die Heuwels Fantasties - OKAY!



Die Heuwels Fantasties se vyfde album word op die 5de Mei 2017 bekendgestel met 'n vertoning by Weiveld in Pretoria. Jy kan nou jou kaartjie by itickets bespreek. Die kaartjie sluit 'n nuwe album in! As jy nie die vertoning kan bywoon nie, kan jy die album by die aanlynwinkel www.suprashop.co.za bestel. Hier volg 'n kort onderhoud wat ons met hulle gevoer het.


1. Wat is die "weirdste" ding wat ‘n “fan” al vir julle gesê of gedoen het?

Een van die "weird" dinge was 'n "fan" wat vir Hunter 'n self geverfde portret gestuur het.


2. Wat is julle "favourite 90’s jam?"
Informer van Snow



3. Ons sien uit na julle nuwe album OKAY. Vertel ons asseblief meer van die kreatiewe proses.
Ons het soos ouder gewoonte weg gegaan om te skryf in Mei verlede jaar, so hierdie is presies 'n jaar later wat als voltooi is. Daarna is als opgeneem in Stellenbosch by Sunset Studios onder die Drakenstein berge en siedaar!

4. Wat was julle oorspronklike vetrekpunt of gedagtes agter hierdie album?
Ons wil altyd albums maak wat ons verteenwoordig in terme van hoe ons gevoel het en waarvan ons gehou het op daardie tydstip van ons lewens. Ons albums is vir ons soos foto-albums en die liedjies soos fotos.

5. LED liefde is ‘n liedjie waarmee meeste mense kan identifiseer.
Wat was julle idee/inspirasie agter hierdie liedjie?

Ek dink dis maar so "sign of the times" tipe ding en "top of mind" vir almal. Die revolt teen tegnologie wat ons tyd steel is regtig.

6. Wat is van julle lekkerste herinneringe met die maak van hierdie spesifieke album?
Ons het baie tyd in Vleesbaai spandeer om die idees bymekaar te trek en dis 'n baie spesiale plekkie vir ons.

7. Ons wil graag ons lesers motiveer om die lewe te geniet, te droom en hulle natuurlike talente sonlig te gee. Watter raad sou julle aan ‘n sleepvoet-dromer gee?
Onthou altyd dat dit wat jou uniek maak die beste ding is waarmee jy kan rol, dus moenie probeer klink of wees soos iemand anders nie doen net wat jy doen - mense wil uniekheid sien!

8. Watter liedjie geniet julle die meeste om "live" te doen en hoekom?
Klein Tambotieboom is altyd pret en voel asof die liedjie so half al in die weefsel van ons gehoor is.

9. Watter musiek inspireer julle? 
Bruce Springsteen, Talking Heads, The Strokes, Arcade Fire en Diplo



Die Heuwels Fantasties Aanlyn:
FACEBOOK - INSTAGRAM - TWITTER - WEBTUISTE

Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra


#NasieInspirasie se hart klop vir sleepvoet-dromers en om mense te inspireer. 
Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes.
“‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.” 
#nasieinspirasie 


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...