Slaan oor na hoofinhoud

OH MY WORD



Lindie se kanniedood-vlammetjie is aansteeklik. Sy is vol avontuur en passie. Iemand met baie hooi op haar vurk, maar met stewige prioriteite, is sy besig om die wêreld om haar met woorde te BOU. Nie enige woorde nie, SCRABBLE woorde!


1. Vertel ons lesers asseblief meer van jouself?
Ek is Lindie Denny en is 32 jaar jonk. Ek woon tans in Pretoria. Ek is 6 wonderlike jare al getroud met die man van my drome! 'n Vrolike mamma van 2 klein woelwaters. Bedags is ek tuis met Katelynn; sy is nou 2jr en 8maande en Linden, my seuntjie, is nou 17 maande. Ek is ook 'n dosent en gee klas in die aande, 3-4 maal per week, by 'n teologiese college in Randburg. Ek het sopas begin met 'n PhD in Praktiese Teologie by TUKS. Ek draf elke dag byna 10km en ek is mal oor bak. Ek is baie lief vir die Here en lief vir die lewe!


2. Wat inspireer jou?

Daar is so baie dinge wat my inspireer. Wat my regtig inspireer is my studente. Elke dag sien ek waar mense in ons land hulself vind. Ek luister na mense se stories en stel belang in hul toekoms. Ek wil so graag 'n verskil in mense se lewens maak. Dis waarom ek sopas begin het met my PhD in praktiese teologie, want in Suid-Afrika wil ek 'n verskil maak. Baie mense verhuis en trek oorsee, maar ek voel geroep vir hierdie land, hierdie mense, hier en nou. Ek wil die beste Lindie wees vir 'n tyd soos hierdie.


3. Hoe het jou blok/letter-besigheid begin?
Ek het al vir baie lank gewens ek kan iets self maak om ekstra geld in te bring, want ek is juis nie baie kreatief of goed met my hande nie. Ek het ook lank iets gesoek vir ons sitkamer muur. Die inspirasie het gekom by 'n mark, en ek het gedink om groot scrabble blokkies te maak wat presies soos die bordspeletjie lyk, letters en getalle. Ek is mal oor bordspeletjies en dit het so by my vasgesit. Ek het dadelik gevoel dis dit. Iets wat ek self kan maak en bemark. Met bietjie huiswerk was ek vinnig aan die gang. Ek maak en verkoop die blokkies alles self. 


4. Het jy ‘n spesiale storie ivm hierdie besigheid om te deel?

Almal weet dat die tye waarin ons lewe in SA maar baie stywe tye is. Vir my met 2 kleintjies, is studeer, en enige ander uitgawe, 'n bederf. Omdat ek regtig glo ek kan 'n verskil maak, wil ek graag verder studeer en my PhD doen. My man het ook op 31 weer begin studeer. Hierdie besigheid se inkomste is vir ons as gesin, die ekstra, die bederf, om verder te studeer en om verder 'n verskil te kan maak in ander se lewens. Ons gesin se 'moto' is: "SO OTHERS MAY LIVE", en dis ons rede!



5.Watter raad sou jy aan ‘n sleepvoet-dromer gee wat hope talent het, maar min waagmoed?
Dit klink so cliche, maar soos Nike sê, "Just do it". Mens moet waag. Ek het altyd gebid vir 'n idee en toe ek hom het, het ek alles ingesit. So as jy iets het, hardloop volstoom. Gee die eerste stap. So sal jy leer en groei. Maar iets moet jy doen! Ek glo altyd dat jou passie 'n weg sal oopkap vir jou. Doen wat jy lief het en hardloop daarmee.


6. Is daar ‘n storie van iemand wat al van jou letters aangeskaf het wat jou baie inspireer het?
Daar is so baie mense wat Name by my koop en ook hul gesin se Van. Dis wat ek 'love' van Oh My Word. Die letters is groot, dis 'bold'. As jy dit teen jou muur opsit is dit vir almal om te sien en dit beteken jy is trots daarop! Ek het 'n groot persoonlikheid en ek hou daarvan as ander ook 'bold' kan wees in hoe hulle hulself uitbeeld en wys. My beste verkoop was al AMAZING GRACE, soos die foto (sien onderaan). Dis net deur God se genade dat ek Hom kan ken.


7. Wat is julle langtermyn visie of ‘groot droom’ vir die toekoms?
Ek hou van groot droom. Ek bid dat meer mense van die blokkies hoor en dit sal koop. Ek bid dat my klein besigheid 'online' baie sal groei en dat my blokkies selfs in winkels sal verskyn. Ek droom dat elke huis blokkies sal hê!


8. Hoe kan lesers julle kontak of meer van julle werk sien?
Lesers kan my gerus kontak op FACEBOOK. Ek het 'n blad daar, "Oh My Word" of e-pos gerus na lindiedenny@icloud.com


9. ‘n Gunsteling quote of vers wat op die oomblik baie vir jou beteken?
" If you want to change the world, go home and love your family". Mother Theresa. Ek is 'n groot aanhanger van Moeder Theresa en waarvoor sy geleef het. Ek moet myself herinner dat my werk begin tuis, by my man en kinders. Mens wil altyd iets anders vir ander beteken, maar wat van ons eie huis? Dis wat my inspireer, my gesin en liefde vir Jesus.







Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra


#NasieInspirasie se se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. 
Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes.
“‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.” 
#nasieinspirasie 






Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...