Slaan oor na hoofinhoud

Reine Swart - Van der Merwe


Aktrise en filmmaker, Reine Swart, het met #NasieInspirasie gesels oor haar lewe en inspirasie. Sy is beste bekend vir haar rol in Die Pro, Detour en vele ander, maar verskyn ook in die lagwekkende Van der Merwe film binnekort in fliekteaters. 

1. Welkom by #NasieInspirasie Reine. 

Vertel ons lesers asseblief meer van jouself.

Ek, Reine Swart, is die jongste van vier kinders en ook nou al tannie van nege van die oulikste kinders. My ouers, Reine en Cilliers Malan, besit Kleinkaap Boutique Hotel, waar ek grootgeword het (voor dit ‘n hotel was), in Centurion en dit is ook toe waar ek getroud is. My man is Xander Swart en hy is ‘n woes intelligente bedryfsingenieur. Ek het ‘n twee maande dramakursus voltooi by die New York Film Academy, teruggekom Suid-Afrika toe en ‘n agent gekry om te begin oudisie. My eerste groot rol was in die sepie, Villa Rosa. Van daar af was ek bevoorreg om verskeie rolle aan te pak en gaan voort daarmee. ‘n Paar hoogtepunte in my loopbaan sluit in die Afrikaanse surf film, Die Pro, rolle in Internasionale TV produksies vir Syfy, BBC, National Geographic Channel en Sony Picture Television. En ek is opgewonde om die lekker lawwe Van der Merwe te sien.

2. Wat inspireer jou om te doen wat jy doen? 

Ek is so bly dat elke liewe mens so anders en besonders is, want dit maak die lewe net soveel meer spesiaal. Dus is die “uniekheid” van mense my inspirasie. Ek is gek daaroor om mense te bestudeer en dop te hou. Dit inspireer my in my werk en help my om verskillende karakters te vind.

3. Watter rol vertolk jy in die VAN DER MERWE film en wat daarvan het jy die meeste geniet? 

Ek vertolk die rol van, Marike, VAN se dogter. Marike raak verloof aan George in London en gaan Suid-Afrika toe om George aan Marike se ouers voor te stel. VAN hou nie juis van die Britte nie en dit maak die trippies effe moeilik… Ek het lanklaas so lekker gelag en dis beslis wat ek die meeste geniet het van die ervaring, dat my medespelers regtig ongelooflik goed en komies was. Ek het hoofsaaklik saam met Matthew, Rob en Chanelle gewerk.

4. Wie was die lafste en wie die ernstigste, op stel, met die maak van hierdie film? 

Rob was verseker die lafste in die tonele en ons almal moes ons lag inhou vir hom. Dan was hy ook die ernstigste tussen “takes”. Hy is baie professioneel en ‘n ongelooflike talentvolle komediant.



5. Ons wil graag sleepvoet-dromers inspireer om hulle talente te gebruik en so ‘n verskil te maak. Wat sou jou woorde aan so iemand wees, iemand met hope talent, wat dalk voel hy of sy is nie of het nie genoeg nie. 

Hou op om net te droom en begin ook doen, droom saam met doen is ‘n wenresep. As jy nie gaan probeer nie, sal jy ook nooit weet wat jou potensiaal is nie.

6. Watter ander dinge is jy oor passievol? 

Geloof, party TV reekse soos Stranger Things en Game of Thrones en ek is seker baie voel so deesdae: kom ons maak die wêreld ‘n plek van vrede en liefde!

7. Noem jou top 3 gunsteling SUID AFRIKAANSE liedjies op die oomblik? 

Zinkplaat se Krismis in Kampala, December Streets se I’ll Try en Faraway George se Dis Nooit te Laat.


8. ‘n Spesiale Quote of Vers wat jou tans inspireer? 

Fill 4:13 “Ek is tot alles in staat deur Christus wie my krag gee”



Volg #NasieInspirasie
Instagram: @iskra_music
Twitter: @iskra


#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. 
Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes.
“‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie 

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...