Jak de Priester het, ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan, onlangs ’n splinternuwe album, 15 Jaar, uitgereik. Een van die liedjies op hierdie album is Halleluja Kersfees en dit is die ideale lied om jou in die romantiese atmosfeer van Kerstyd te plaas. Die liedjie is geskryf deur Jak self en is vir hom, op ’n manier, ’n “road trip” deur die Karoo oppad Kaap toe. “Die liedjie gaan oor herinneringe van kersboomversierings maak met skulpe uit Melkbos se strand, om te dans in Kalkbaai en om soos toeriste te voel by die Waterfront. Dít is my romantiese herinneringe van Kerstyd in die Kaap”, sê Jak. Jak begin ook hierdie jaar, in samewerking met Die Blou Hond teater en Caring Daisies ’n opwindende nuwe inisiatief, genaamd “Geel jou hart vir liefde”. Dit is ’n reeks van ses eksklusiewe konserte wat gedurende 12-17 Desember by Die Blou Hond sal plaasvind. Jak de Priester is die kunstenaar en sal ’n eksklusiewe vertoning hou, wat slegs by Die Blou Hond gesien ka...