Slaan oor na hoofinhoud

Die omslag is nie die boek nie

Ek onthou my eerste periode van Hoërskool Wiskunde. Meneer Paul Fransman, briljante man en ook die persoon wat my liefde vir Algebra aangekweek het, vat ʼn boek in sy hand lug dit op en vra: "Klas wat is die?"


Die hande vlieg op en die antwoorde spat: "Dis ʼn boek meneer! ʼn Wiskunde boek (uit die een hoek), ʼn wiskunde handboek meneer!(êrens voor in die klas)….ʼn standerd 6 algebra wiskunde handboek (sê ʼn slimmetjie). 

Die ou skud sy kop asof ʼn suur smaak sy tong getref het en sê in ʼn baie geirriteerde toon: "Hou op strooi praat! Hy herhaal dit so hard en oorrond strooi met soveel mening, dit bring ʼn stilte van angs oor die klas, jy kon hoor hoe die beentjies bewe in die bankies en ek dink by myself: Wat gaan hier aan?
Mnr Fransman gebruik toe die atmosfeer wat die stilte geskep het om die boek op ʼn baie dramatiese manier oop te maak. Hy staar na die blaai wat hy onder oë het en sê: "Die is amper ʼn boek, want ek staar na die inhoudsopgawe en al wat dit my bied is ʼn lys van hoofstukke en wat elke hoofstuk dek. Wat beteken dit is noggie ʼn boek nie. Mmm.... sê my denke net hard genoeg dat die vingers oor my mond dit kon hoor. Mnr Fransman loop so een keer af in een van die gange tussen banke, draai om, terug vorentoe sonder om ʼn woord te sê en gaan posisioneer sy agterstewe op die rand van sy tafel.

Stadig maar seker blaai hy deur die boek en onderbreuk ons angs met ʼn stelling: "Jy kan enige wiskundige uitdrukking ontsyfer deur gebruik te maak van die woordsom! Ek bedoel sommer so uit die bloute uit. Hy laat dit daar hang en gaan voort om in stilte deur die boek te blaai op dieselfde oordramatiese trant van stadig. Aan die einde van die boek slaan hy dit toe, sonder n rottang, vou sy arms oormekaar soos ʼn mafia boss, draai sy kop, kyk by die klaskamer venster uit en sug. Die manier waarop hy sy bewegings uitvoer het my laat check, die meneer kan mos ʼn Oscar wen met sy acting skills. Die boek wat nog die heeltyd tussen sy regterhand se duim en wysvinger geklem is, lug Meneer Fransman weer op en met erns sê hy: "Sodra die inhoud vasgevang op die versameling van blaaie jou instaat stel om ʼn eksamen te slaag dan is dit ʼn boek."

Die slotSOM: Never judge a book by its cover/Moet nooit 'n boek oordeel aan die omslag nie. Because if you do you are only interested in titles/want as jy dit doen is jy net behep met titels. Wat beteken jou opinie lei aan ʼn algehele tekort van inhoud.

Hakkiesdraad Hartman
(meer oor Hakkiesdraad)




Volg #NasieInspirasie
Facebook: NasieInspirasie/NationInspiration
Blog: www.nasieinspirasie.blogspot.com
Instagram: @nasieinspirasie
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”

#nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...