Slaan oor na hoofinhoud

Molly's Game




Bekroonde draaiboekskrywer, Aaron Sorkin, maak sy debuut as regisseur met ’n aksiebelaaide, spanningsdrama oor die lewe van Olimpiese skiër en ondergrondse dobbelkoningin, Molly Bloom. Sorkin, wat bekend is vir sy werk op lokettreffers, soos The Social Network, Steve Jobs, Moneyball, The American President en A Few Good Men, het self die draaiboek vir MOLLY’S GAME geskep - met behulp van Molly Bloom se boek en joernale - en dit reggekry om haar storie op ’n aangrypende manier op die grootskerm vas te vang. “Sorkin kry dit reg om jou te vermaak en te fassineer met hierdie wilde verhaal, wat deur middel van ’n puik groep akteurs vertel word,” meen The Hollywood Reporter se Todd McCarthy.

MOLLY’S GAME vertel die verhaal van ’n pragtige en kompeterende sportvrou (Jessica Chastain), wat vir ’n dekade lank eksklusiewe, hoë risiko, ondergrondse poker-kompetisies gehou het, voordat sy een aand deur 17 FBI-agente, met outomatiese gewere, gearresteer is. Hierdie aksiebelaaide rolprent wys hoe sy probeer om haar spelers, wat Hollywood-bekendes, sporsterre en besigheidsmagnate insluit, te beskerm gedurende die hofsaak wat volg en hoe dinge warm word wanneer sy besef dat die Russiese mafia ook betrokke is. Haar enigste bron van ondersteuning is haar prokureur, Charlie Jaffrey (Idris Elba), wat gou besef dat daar baie meer agter die storie is as wat die skinderkoerante vertel.

Die fliek is in September 2017 by die Internasionale Rolprentfees in Toronto amptelik bekendgestel en het reeds verskeie toekennings opgeraap, waaronder twee Loopbaanprestasietoekennings vir Aaron Sorkin by die Zürich-rolprentfees en die Internasionale Rolprentfees in Denver. Dit is ook aangewys as die Gehoorgunsteling tydens die Mill Valley Film Festival.

Bekroonde aktrise en vervaardiger, Jessica Chastain, wat bekend is vir haar rolle in flieks soos Interstellar, The Martian, The Disappearance of Eleanor Rigby en Miss Sloane speel die rol van Molly Bloom. Volgens rolprentkritici lewer sy ’n uitstaand vertoning in die rol en daar word voorspel dat sy moontlik ’n toekenning of twee gaan inpalm. Idris Elba (American Gangster, Thor, Pacific Rim, Star Trek Beyond) en die multi-bekroonde Kevin Costner (Dances with Wolves, Robin Hood: Prince of Thieves, Tin Cup, The Postman, Message in a Bottle, The Guardian) lewer ook indrukwekkende vertonings, terwyl bekendes soos Michael Cera, Jeremy Strong, Justin Kirk, ensovoorts ook in die fliek te sien is.

MOLLY’S GAME bevat die perfekte kombinasie van aksie, spanning en intrige om kykers vasgenael te hou en eindeloos te beïndruk. Deur middel van ’n slim saamgestelde draaiboek, knap regie en uitstaande toneelspel, leer jy vir Molly Bloom ken en word jou vooropgestelde idees, oor wie sy is, uit die weg geruim.

Dis ’n storie oor ’n sterk, ambisieuse vrou, wat dit reggekry het om ‘koningin’ te kraai in ’n manswêreld en oor die prys wat sy daarvoor moes betaal. Die fliek word versprei deur Ster-Kinekor Entertainment en sal landswyd vrygestel word op 12 Januarie 2018.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook: https://www.facebook.com/pg/MollysGameMovie/
Twitter: @Mollys_Game
Instagram: @mollysgamemovie
Lokprent: https://www.youtube.com/watch?v=Vu4UPet8Nyc

Baie Dankie Starburst Promotions
#nasieinspirasie

Volg #NasieInspirasie
Facebook: NasieInspirasie/NationInspiration
Blog: www.nasieinspirasie.blogspot.com
Instagram: @nasieinspirasie
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie






Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...