Slaan oor na hoofinhoud

Verby - Bouwer Bosch


Bouwer Bosch het pas sy nuwe musiekvideo vir sy enkelsnit, VERBY bekendgestel en dit beïndruk gewis!

Kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=zPxiSbPH2Jg

“VERBY gaan oor wanneer jy wil handdoek ingooi en wegstap uit ‘n verhouding omdat jy dink konflik is die einde van julle liefde, maar eintlik is dit juis wanneer mens met mekaar baklei, dat jy vír mekaar baklei”, sê Bouwer.

Die video is oor twee dae in Witsieshoek in die Drakensberge geskiet. Witsieshoek is so plus minus 400km buite Johannesburg en Brendan Barnes (ook vervaardiger van die nuutste Matthew Mole video) was die kinematograaf en regisseur van die video.


Bouwer vertel: “Ons het ‘n baie swaar Rhodes klavier teen ‘n berg opgedra en seker gemaak ons kry die mooiste skote soos wat die son sak. Die volgende oggend was ons weer 5h00 op die berg om die sonsopkoms te vang. Ons wou vir iets simplisties gaan met hierdie video, iets wat ek nog nie gedoen het nie. Gewoonlik het my videos storielyne met karakters, maar hierdie keer wou ek dit skoon en basies hou. Die proses was vir my anders omdat ek gewoonlik al my videos self doen. Dit was lekker om vir ‘n verandering by iemand anders te leer!”

VERBY is ook beskikbaar op sy album, Hopelik, wat vroeër in 2017 vrygestel is. Die album het ’n nuwe klank met ’n meer elektroniese, opgewekte aanslag. Dit wyk egter nie heeltemal af van die digterlike alternatiewe styl waarvoor Bouwer bekend is nie.

SOSIALEMEDIASKAKEL
Facebook: https://www.facebook.com/bouwerbosch/
Twitter: @BouwerBosch
Instagram: @bouwerbosch
Webblad: www.bouwerbosch.co.za

Dankie Starburst Promotions

#nasieinspirasie

Volg #NasieInspirasie
Facebook: NasieInspirasie/NationInspiration
Blog: www.nasieinspirasie.blogspot.com
Instagram: @nasieinspirasie
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Here we go!!!!! - Willie the Fudge Man

I have decided to take it a little further and meet 'the man on the street', doing interviews with different people in my community on the principle as discussed in Luke 16:10 Whoever is faithful in small matters will be faithful in large ones; whoever is dishonest in small matters will be dishonest in large ones Having in mind that the little boy who brought only 2 fish and 5 loaves brought enough for Jesus to feed THOUSANDS through his little contribution ... I believe that God is saying; Why are you holding back? Is it because you think, by your own estimate and the negative influences and people around you... that you are inadequate? Give what you've got to God and He will make it MORE! He made you, He knows what for so you are free to take the first step, trusting Him. So here goes... My first interview was with a man on the street, on Zambezi drive (Sefako Makgato drive) in the Montana area. He has and will inspire many. His name is Willie and he ...