Slaan oor na hoofinhoud

Jak se Geel Hart vir Liefde





Jak de Priester het, ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan, onlangs ’n splinternuwe album, 15 Jaar, uitgereik. Een van die liedjies op hierdie album is Halleluja Kersfees en dit is die ideale lied om jou in die romantiese atmosfeer van Kerstyd te plaas.

Die liedjie is geskryf deur Jak self en is vir hom, op ’n manier, ’n “road trip” deur die Karoo oppad Kaap toe. “Die liedjie gaan oor herinneringe van 
kersboomversierings maak met skulpe uit Melkbos se strand, om te dans in Kalkbaai en om soos toeriste te voel by die Waterfront. Dít is my romantiese herinneringe van Kerstyd in die Kaap”, sê Jak.

Jak begin ook hierdie jaar, in samewerking met Die Blou Hond teater en Caring Daisies ’n opwindende nuwe inisiatief, genaamd “Geel jou hart vir liefde”. Dit is ’n reeks van ses eksklusiewe konserte wat gedurende 12-17 Desember by Die Blou Hond sal plaasvind. Jak de Priester is die kunstenaar en sal ’n eksklusiewe vertoning hou, wat slegs by Die Blou Hond gesien kan word. Hierdie jaar sluit dit in, uittreksels oor sy 15 jaar loopbaan met o.a ’n lied of twee uit sy 2008 De Priester en een Kerkorrel-konsert, sowel as treffers van hom, komedie, ’n kerslied of twee en nog vele meer. Die doel van hierdie konserte is om ’n jaarlikse instelling te skep en op die manier sonskyn in die lewe van mense en diere te bring. Dit is ’n week van liefdadigheid. “Hierdie jaar is diere ons missie en ons samel dierekos in vir die honderde honde en katte wat oorgelaat is aan die genade van die mensdom”, sê Jak.

Dus, in die maand van Desember gaan Die Blou Hond... GEEL! Met ’n geel kersboom en ’n geel vertoning beloof dit om 2017 op die regte wyse af te sluit en almal in ’n lekker stemming vir die vakansie en Kersfees te plaas.

Jak sê verder dat hulle hierdie initiatief graag ’n jaarlikse instelling wil maak, maar dat hulle die ondersteuning van die publiek nodig het. “Daar is ses aande, 170 stoele per aand… ons wil die publiek uitnooi, maar ook besighede, om ’n tafel te bespreek, selfs twee! Daar is geen limiet nie. Ons vra geen ekstra geld nie, slegs ’n bydrae in die vorm van komberse, blikkieskos en / of ’n sak kos wat ons onder die geel kersboom gaan plaas.”

Die buffet-ete, met nagereghappies, beloop R330 per persoon en kaartjies kan bespreek word by:
012 348 8820

Caring Daisies sal die skakel wees om die gelde, kos en enige ander bydraes by die regte plekke uit te bring.

Help ons om die diere te help… Volgende jaar sal ‘Geel jou hart vir liefde’ weer ’n ander liefdadigheid ondersteun, en op hierdie manier help ons, ons bring sonskyn, gee terug en maak ’n GROOT verskil!





Volg #NasieInspirasie
Facebook: NasieInspirasie/NationInspiration
Blog: www.nasieinspirasie.blogspot.com
Instagram: @nasieinspirasie
Twitter: @iskra

#NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.”
#nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...