Slaan oor na hoofinhoud

CORNE LOUW



CORNE LOUW SE EERSTE ALBUM BEÏNDRUK MET ’N VARS MODERNE COUNTRY-POP-AANSLAG 

Corne Louw is nie iemand wat musiek op die gewone manier aanpak nie. Sy eerste enkelsnit en ook die titelsnit van sy splinternuwe album, DATE NIGHT, het vir weke lank in die Nr.1 posisie op trefferparades landswyd gepryk.

DATE NIGHT is ’n vars en moderne Country-Popsnit wat lekker is om na te luister en laat mense van reg-oor die land se voete onwillekeurig jeuk om op die dansvloer uit te kom. Die liedjie, wat deur Corne, Hugo Ludik en Vaughan Gardiner geskryf is, vind aanklank by enigiemand wat in ’n verhouding is en herinner paartjies daaraan om vir mekaar tyd te maak in vandag se gejaagde lewe. “Die enkelsnit beteken vir my baie, want dit het met my en my vrou gebeur vandat ons twee wonderwerkies gebore is. ’n Tweeling hou ons heeltemal weg van die dinge wat ons as ’n paartjie altyd saam gedoen het. Maar ons verruil hulle vir niks!”

Die musiekvideo, wat by Fathom Media/ KeyArt Services se ateljee en by perdestalle in Honeydew verfilm is deur Jay Loots en die span van Fathom Media/ KeyArt, dra die boodskap dat ’n mens altyd moet tyd maak om mekaar spesiaal te laat voel. “Die storie handel oor my wat besef dat ons ’n date night nodig het en soos wat ek die liedjie skryf dink ek aan die perfekte afspraak saam met my geliefde,” verklap Corne.

Kyk die video hier: https://www.youtube.com/watch?v=4DsxQGPv7Tg

DATE NIGHT is ook die titel van sy debuut-album en hy het juis die naam so gekies omdat dit ’n konsep is wat gereeld gebruik word. Die album spog met dertien lekkerluister kuierliedjies in sy kenmerkende moderne Country-Popstyl. Volgens hom, is die album geïnspireer deur sy vrou en kinders en wou hy oor alledaagse gebeurtenisse skryf en ’n storie vertel: “Ek weet dat mense die ‘bokkie-sokkie’ tipe musiek geniet en daar is niks daarmee verkeerd nie. Dis net nie ek nie. Ek wou iets uitbring wat inspireer en wat betekenis het.” Alhoewel die meeste liedjies opgewekte ritmes het, is daar baie emosie in elke snit teenwoordig omdat baie daarvan staaltjies uit sy eie lewe vertel. “Ek hoop dat elkeen wat na die album luister sal kan vereenselwig met die lirieke en dat dit weer vir hulle hoop en moed sal gee vir die toekoms,” sê hy.

Die tweede enkelsnit vanaf dié album, getiteld, MAAK OF BREEK, is ook pas aan radiostasies landswyd uitgereik en die opgewekte liedjie gaan verseker in sy voorlper se voetspore volg. Die liedjie is geskryf deur Hugo Ludik en Corne self en gaan oor daardie eerste keer wat jy iemand ontmoet wat jou voete onder jou uitslaan en jy te bang is om ‘n kans te waag om met daardie persoon te gaan gesels. ‘n Musiekvideo vir hierdie liedjie is ook in die pyplyn.

Corne woon in Langebaan in die Weskus en het die kuns bemeester om gehore in die palm van sy hand te hou met sy veelsydigheid en hartlike verhoogpersoonlikheid. Hy kom uit ’n familie vol musikante en glo dat musiek deur sy are vloei. Hy en sy pa speel nou nog so af en toe saam kitaar.

Sy ouerhuis was altyd vol musiek, veral Amerikaanse Country-snitte, en dit is waar sy liefde en passie daarvoor gebore is. Alhoewel hy homself leer kitaar speel het, met die hulp van sy tannie, en hy deel was van die Supernovas, het hy eers saam met sy pa ’n besigheid begin voordat sy solo-musiekloopbaan, wat in 2004 afgeskop het, amptelik vlam gevat het.

Sedertdien het hy al by verskeie feeste, waaronder die KKNK en Robertson’s Wacky Wine Festival, plekke soos Route 66 en Ocean Basket en funksies opgetree en sien hy daarna uit om deur die land te toer en sy musiek aan nog nuwe luisteraars bekend te stel.

Omdat hy meen dat musiek die beste manier is om mense te laat weet hoe hy voel, skryf hy graag oor die lewe in die algemeen en hoop hy dat dit êrens iets vir iemand kan beteken. Wanneer hy musiek luister, is dit gewoonlik liedjies met ’n mooi melodie en betekenisvolle lirieke. Natuurlik bly sy grootste liefde Amerikaanse Country en meen hy dat dit die grootste invloed op sy eie styl gehad het. Hy lys oorsese kunstenaars soos George Jones, Randy Travis, Travis Trit en Johnny Cash as van sy gunstelinge en verklap dat Karen Zoid en Riana Nel van sy plaaslike rolmodelle en kunstenaar is saam met wie hy nog graag eendag sou wou werk.

Wanneer hy nie besig is om liedjies te skryf of op te tree nie, hou hy ook baie daarvan om kitare te versamel en deel hy ook dat hy graag ’n argitek of ingenieur sou wou wees as musiek nie vir hom uitgewerk het nie. “Ek is mal oor kitare en het ’n hele versameling Gibsons en Fenders, alhoewel ek nie noodwendig die beste kitaarspeler is nie,” vertel hy met ’n vonkel in sy oog.

Corne Louw glo, net soos George Jones, in eerlike musiek en dat musikante getrou moet wees aan hulleself, omdat aanhangers dit dan meer waardeer. Die vars en moderne benadering en inspirerende vertolking van DATE NIGHT en sy unieke stem, is die perfekte pasmaats vir ’n eindproduk wat nie net ’n vernuwing gaan veroorsaak in die Afrikaanse musiekmark nie, maar ook diep in musiekliefhebbers se harte gaan nesskop.

Die album kan nou bestel word by www.cornelouw.co.za en sal vanaf 30 Oktober 2019 op alle digitale platforms beskikbaar wees.

MAAK OF BREEK is reeds beskikbaar op die skakel hieronder indien jy nou die album vooraf hier bestel: https://music.apple.com/za/album/date-night/1476897480

SNITTE OP DIE ALBUM
1. Date-night
2. Ou Vriende
3. Die Beste deel van my is jy
4. Dis ’n Vooreg
5. Grondpad
6. Bel jou ma
7. Langarm Boogie
8. Ons Leef Net Een keer
9. Ou Skool Cowboy
10. Maak Of Breek
11. Ek Weet Wat Ek Het In Jou
12. House on Fire
13. Growing up!

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/artistcornelouw/
Instagram: @cornehughlouw
Webblad: www.cornelouw.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za


NASIEINSPIRASIE
sleepvoet dromer #vatvlam

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde