Slaan oor na hoofinhoud

John James - Nintendo



John James het onlangs op die plaaslike Afrikaanse musiektoneel verskyn met hulle debuut-vertoning by die Krone 6-konserte, toe hulle duisende aanhangers se harte gesteel het.

Hulle eerste enkelsnit “ EK is meer werd” het bewys hulle is nie net nog ‘n “boyband” nie maar ‘n unieke kombinasie van sang en kletsrym, met ‘n boodskap vir jongmense.

Hulle splinternuwe enkelsnit, NINTENDO, het alles temake met jonkwees, verlief wees en al die speletjies wat daarmee saamgaan, verwerk en saamgestel met ‘n internationale pop-klank.

Hierdie enkelsnit wys weer ‘n ander kant van John James, en hulle diversiteit as liedjieskrywers, maar ook met al die regte bestandele om Nintendo te stoot tot bo aan die ranglyste!


Nintendo is digitaal beskikbaar vanaf 18 Oktober 2019 op alle digitale platforms!

RECORD LABEL: Select Musiek | PUBLISHER: KvN Publ.

NASIEINSPIRASIE
sleepvoet dromer #vatvlam

Opmerkings