Slaan oor na hoofinhoud

LIGHT OF MY LIFE


LIGHT OF MY LIFE is in sy kern ’n portret van ’n pa en sy dogter en wat hy sal doen om haar veilig te hou. Dit is ’n pragtige dramatiese riller, wat kommentaar lewer oor ouerliefde in gebroke tye en die onstabiliteit van die samelewing. Dit dra ook die aangrypende boodskap dat jy die een of ander tyd moet laat gaan. Dié film word plaaslik versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en open hierdie Vrydag, 18 Oktober 2019 by uitgesoekte teaters.

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=PoHADU7Oe-g

Regisseur, Casey Affleck, se LIGHT OF MY LIFE, is ’n narratiewe rolprent wat afspeel in tydperk nadat ’n plaag amper almal in die wêreld uitgewis het. Dit is gebaseer op die Oscar-bekroonde akteur se eie draaiboek, wat drama vermeng met die storie van ’n kind en ouer se reis na genesing.

Die film speel af op ’n spokerige, verlate landskap, waar ’n pa en dogter in ’n tent woon en in die woud kos moet soek om te oorleef. Om hulle veilig te probeer hou, vermy die liefdevolle pa (Affleck) kontak met ander mense en leer hy sy 11-jarige dogter, wat op een of ander manier immuun is teen die ‘vroulike plaag’, oor etiek, geskiedenis, moraliteit en hoe om van die land af te leef.

Maar ’n toevallige ontmoeting bedreig dié voorsorgmaatreëls wat hy opgestel het, en plaas die toevlug wat hy geskep het, in gevaar. In ’n wêreld wat nou net deur mans bevolk is, probeer hy desperaat om sy dogter Rag (nuweling Anna Pniowsky) te beskerm, terwyl hy terselfdertyd probeer om die jong vrou wat sy word, te eer en te bemagtig. Hy word ook deur middel van terugflitse daaraan herinner hoe versot haar ma (Elisabeth Moss) op haar was.

Ter wille van haar veiligheid, en omdat dit onmoontlik is om tussen goeie en slegte mans te onderskei, sny hy haar hare af en moet sy mansklere dra en vermy hulle dorpe en stede sover as wat hulle kan.

Die verhouding tussen pa en dogter is die hartklop van LIGHT OF MY LIFE en die besonderse band tussen Affleck en Pniowsky word veral weerspieël deur die tonele wanneer hulle alleen is en in die aand in hulle oranje tent gesels. Die binnekant van die tent, wat verlig word met klein lampies, beklemtoon die intimiteit en verhouding wat hulle het. Daar is opregte toegeneentheid en empatie vir mekaar, en ’n gedeelde liefde vir verhale oor die wêreld soos dit was en soos wat hulle dit graag wil hê.

Net soos wat die pa dit bykans onmoontlik vind om die wêreld aan sy dogter te verklaar, kan die fliek ook nie heeltemal alles aan die kyker verduidelik nie. Namate die mensdom besig is om in duie te stort, groei die skaduwee van angs in die werklike lewe, en die rolprent werk die ergste vrese van mense, veral ouers, oral in.

Affleck verduidelik die betekenis agter die fliek as volg: “Dit is ’n baie persoonlike film vir my. Ek het hierdie verhaal ’n dekade gelede begin skryf. Soos wat my kinders ouer geword het, het my ervaring van ouer wees ook verander. Die storie wat ek vertel het, het verander. Na ’n egskeiding het die verhaal sy finale vorm aangeneem. Buiten vir al die wetenskapfiksie, is hierdie ’n storie van ’n enkelouer wat treur oor die verlies van ’n kernfamilie.”

LYS VAN TEATERS:


STER KINEKOR
Bedford Square
Rosebank Nouveau
Gateway
Brooklyn Nouveau
Tygervalley
V&A Nouveau

NU METRO
Hyde Park
Parkview
V&A Waterfront

ONAFHANKLIKE TEATERS
Labia Orange St.
Movies@Monte

SOSIALEMEDIA
Vir meer inligting oor LIGHT OF MY LIFE, insluitend die amptelike lokprent, hou ons Facebook blad dop: http://www.facebook.com/sterkinekorent en gebruik die hutsmerk #LightOfMyLifeFilm_SA om oor die fliek te gesels.

INTERNASIONALE SKAKEL
Facebook: https://www.facebook.com/LightOfMyLifeFilm/

PUBLISITEIT EN BEMARKING
Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: alishia@starburstmusic.co.za
www.starburstmusic.co.za

NASIEINSPIRASIE
sleepvoet dromer #vatvlam

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde