Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Greta, die Film.

Die VIP teater was vol moed met 5 brawe skrywers/kykers wat die nuwe fliek “GRETA” gaan kyk het om hul opinies en resensies te skryf. Die film se advertensie stel geen verwarring nie en verkondig duidelik dat jy jou gereed moet hou vir ʼn reuse spanningsverhaal.  Die ligte gaan af en die vertrek is pikdonker. My reeds gespanne kollega sit langs my en al wat ek kan hoor is sy vrees vir die onwetend. Die Fliek: Die rolprent begin soos enige ander spanningsrolprent...heel onskuldig. 'n Meisie stap uit by ʼn treinstasie en sien ʼn verlore handsak. Sy loer vir besonderhede en sien, wonder-bo-wonder dat daar ʼn naam en adres op is. Sy vat die tas na die persoon en ontmoet toe daar 'n onskuldige ouer dame “Greta”. Dis die deel waar jy al begin hoendervleis kry... Heel ironies, begin daar ‘n verhouding tussen die jong dame en ʼn ouer vrou ontwikkel. Dit is op die oog af ‘n bloot onskuldige vriendskap. Die twee raak sulke goeie vriende dat die jong dame sekere geleenthede saam ander van...

Land Liefde Op Dowe Ore?

Vroëer in Junie het Bouwer Bosch en Lucinda Neethling (Die Melktert Kommissie) hulle treffende saamwerk EP/album, "Waar Die See Die Kus Omhels", bekendgestel. Dit het gevolg met ‘n landswye toer en ek en my man was bevoorreg om namens NasieInspirasie hulle optrede die 29ste Junie by die pragtige wynplaas, Jakkalsvlei, net buite Mosselbaai, by te woon.  Met aankoms het Bouwer ons vriendelik by die deur gegroet en vertel hoe organies en natuurlik hierdie inspirerende saamwerk projek onstaan het, net nadat hy en Lucinda die nuwe Straatligkinders liedjie, Herinner ft. Lucinda Neethling , se musiekvideo geskiet het. Ek stap in en wonder op 'n stadium of ons kreatiewes soms te veel karring met inspirasie se golwe? Ons maak soms ons eie, onnodige golwe, in plaas daarvan om gereed (met die klem op gereed) te lê en wag en dit dan net volluit te branderplankry as dit verbykom? Wie weet? Al wat ek weet is dat wanneer ek die musiek ‘Stroom’ (Stream) soos Bouwer en Lucinda laggend...

Chereé Strydom

Nadat sy vir amper tien jaar tjoepstil was, is Suid-Afrika se goue Country-ster, Chereé, uiteindelik terug met haar langverwagte album, WILDE WATERS.  1. Vertel ons lesers asseblief meer van jouself en jou nuwe album? Ek is 'n 40 jarige ma van twee pragtige dogters - dit is my eerste prioriteit - my kinders. Ek sing al vandat ek 9 jaar oud is en die droom toe ek jonger was, is om musiek te maak. Ek is dankbaar dat ek my drome kan uitleef. Ek is 'n eenvoudige mens - kaalvoet-kind wat baie hou van by die huis wees - 'n regte huismens. Ons woon in 'n klein dorpie, Langebaan en dit pas my goed, want daar is baie minder "pressures" in so klein dorp. My nuwe album is 'n 13 snit album waarvan 12 van die liedjies oorspronklik is. Ek het self 4 van die liedjies op die album geskryf en die res is goeie liedjies van ongelooflike liedjieskrywers. Die album het 'n pop aanslag maar ook dan 'n country aanslag, want dis waar my hart lê in musiek. Mense wat...

Wie is Wenda Nel?

Dit was om die kampvuur wat ek Wenda Nel die eerste keer ontmoet het. ‘n Blonde kop wat so lekker gelag het dat die trane gerol het. Wat my egter die meeste opgeval het is hoe gemaklik sy in haar vel is. Hoe sy vir enige iemand ‘n glimlag het en hoe die warmte van haar hart deur haar oë en hele wese straal. Kort daarna gewaar ek haar by die kerk waar sy die mense ewe gemaklik met koffie bedien. En ek kan nie help om te wonder of die mense ooit wéét wie sy is nie? Wat in daardie gespierde bene sit? Hoeveel wilskrag en ure se werk daarin gegaan het om die medaljes te verwerf wat sy so beskeie oor is. In kort, Wenda het die 400m hekkies al in 54.37s afgelê. Wat haar nie net tans die beste in haar item maak in Suid-Afrika nie, maar al talle medaljes op die wêreld arena verwerf het. Ek het my kans geneem om by haar te gaan aanklop en so bietjie in die hitte van haar hart te gaan kuier. 1. Vertel ons lesers asseblief meer van jouself. Wie is Wenda wanneer sy nie op die a...

Capital Singers

1 Shared dream + 2 cups of coffee = 3 good reasons to join the next Capital Singers! Christo Burger "had a dream, a song to sing" for a community choir. His dream was to make it easy and accessible to people who love singing, but couldn't commit to weekly rehearsals year round. He took Michael Barrett for coffee. Michael Barrett and Christo are both choir heads and both boast an impressive build-up of accomplishments from small beginnings.            Michael Barret Christo Burger Let's not despise the days of small beginnings! What started off as a dream and a small choir 5 years ago, exploded this year to 1000 voices filling the Sun arena at Time Square in Menlyn and making the "earth move under your feet" with the "Rewind 70's & 80's" show. These two masterful choirmasters loved every moment of this experience and this tangible love and passion for singing is what makes people come back for more! Both the choir a...

As Liefde jou "Waaib" is

Talle kom bymekaar om LIEFDE en diversiteit te vier. Wat gebeur wanneer ’n diverse groep talentvolle geestelike leiers, liedjieskrywers en musikante saam wegbreek na ’n omgewing wat spesiaal geskep is om die siel te verkwik en verandering te weeg te bring? Hulle neem genoeg sielvolle musiek op om ’n album vol inspirasie en veelsydigheid met die wêreld te deel! #nasieinspirasie VIBRANCY – A COLLECTIVE OF CREATIVES is ’n projek wat oorspronklik in 2018 deur in Harmonie , in Franschhoek in die Kaap, geloods is. Die doel was om kreatiewe breine in die geestelike gemeenskap, in ’n pragtige en rustige omgewing en onder die leiding van die Amerikaanse liedjieskrywer en mentor Rita Springer (wat met groot name soos Kari Jobe en Jeremy Riddle werk), te inspireer om saam musiek te skryf oor rus, genesing en versoening. “Ons idee was regtig dat elke persoon wat dié wegbreek bywoon, in Harmonie met nuwe inspirasie, entoesiasme en moed sou verlaat; met nuwe liedjies en hoop om te sing en te...

Geloof Soos 'n Kind

Van vanoggend vroeg af, maal my gedagtes rondom die onderwerp, geloof…. Wàt is geloof dan werklik? Hebreers 11:1 sê, ‘Wat is geloof dan? Dit is ‘n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak’… Dit laat my egter verder dink - oor my eie lewe, wanneer ek myself die vraag vra, ‘hòè is MY geloof?’ Ek sit en bestudeer my eie lewe in retrospek en besef onmiddelik dat my geloof eintlik maar baie soos diè van ‘n kind is… En dis dan wat ek myself afvra of dit nie maar eintlik is hoe dit veronderstel is om te wees nie? 'Just hear me out…' ‘n Kind glo so maklik dit wat jy vir hom of haar vertel as die waarheid. ‘n Kind glo aan kersvader, die tandmuis, feë verhale en en en. Maar dis alles die fiksionele sy van glo. Vat jy dit egter so bietjie verder, besef jy gou; ‘n kind GLO. Hy glò dat sy pa die sterkste is en dat sy ma enige eina en hartseer kan genees met ‘n soen. Hy ...