Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Sharoney

Ons het met Sharoney gesels oor spore los in die musiekbedryf asook haar nuutste enkelsnit, 21 Vir Ewig. 1. Jy is al ‘n geruime tyd in hierdie bedryf, watter goue lesse het jy geleer in hierdie tyd en waarvoor is jy dankbaar? Ek het geleer om net myself te wees, werklik genoeg is en om dit waaroor ek passievol is uit te leef.  Ek het ook geleer dat die gras nie altyd soveel groener is as wat dit lyk nie. Die 6 – 7 jaar wat ek myself in die musiekbedryf bevind, het my ook geleer om elke dag harder te werk as gister. Met al hierdie lesse het ek ook ‘n groot dankbare hart, ek is dankbaar vir die klein dingetjies in die lewe, die dingetjies wat ‘n mens so geneig is om mis te kyk. 2. Vertel ons van jou nuutste enkelsnit? My splinternuwe enkelsnit, geskryf deur Jattie de Beer, ook deel van die groep Douvoordag, is getitel 21 Vir Ewig ( https://www.youtube.com/watch?v=frdqgjURM8Q )  en is heeltemal iets anders as waaraan Sharoney aanhangers gewoond is. Die enkelsnit is so vars e...

Sincerely Anne

Bevonkte Anne deel haar inspirerende gedagtes met ons na die bekendstelling van haar nuutste enkelsnit, SHE's ON FIRE.  1. Vertel ons lesers asseblief meer van jouself. Ek is oorspronkilik 'n plaasnooi en jongste van vyf wat naby Heidelberg en Meyerton groot geword het. Ek het tuisonderig ontvang vanaf die ouderdom van vyf, wat my die geleentheid gegee het om van 'n vroeë ouderdom op musiek te kon fokus. 2. Watter goue lesse het jy geleer in hierdie bedryf en waarvoor is jy dankbaar? Ek het geleer dat daar baie gawe mense in die bedryf is wat regtig die beste vir ander musikante toewens, waarvoor ek baie dankbaar is - enige hulp is altyd welkom. Dan het ek ook baie ander lesse geleer. Dat 'n mens jou eie geleenthede moet skep, groot droom, en alles met 100% toewyding moet doen. 3. Vertel ons van jou nuutste enkelsnit SHE’s on FiRE? She's on Fire is 'n opgewekte lied met 'n positiewe boodskap oor vroulikheid. My boodskap daarin is vir ons almal, mysel...

Hoe Sien Ek Die Lewe?

Ek en my man is versot op oorlogfilms. Veral die wat gebasseer is op die waarheid. Ek kyk dit vir die inspirasie van die oorwinnende gees van die mens deur moeilike tye (asook natuurlik die tikkies romanse) en hy kyk dit seker ook vir van daardie redes, maar ook vir die bloed-spat, rondklap, handgranate en losloop masjiengewere. It's a man thing... Ons is twee (uiters) verskillende mense wat dieselfde film saam kyk en twee verskillende ervarings het. Hier en daar stem dit ooreen.  Mense se verskillende idees en sienings kan oorloë veroorsaak. Soms vind dit plaas op kleinskaal. In die huis. Tussen man en vrou. Onder families. Soms groei dit verder en op 'n baie groter skaal.  EEN MENS se persepsie of oortuigings kan duisendes lewe gee of dit kan hulle lewens neem . Kyk maar net na Jesus of Hitler en die invloed wat hulle en hulle sienings op mense om hulle gehad het?  Ek weet, gewigtige gedagtes... Volgens Google: "The Costs of War Project identifies no...

Lizandra Winter op Toer

“Hoop en Geloof in die onsienlike... Winter leer ons die waarde van goeie vrugte dra...” Dit is die lirieke waarmee Lizandra Winter haar vertoning open saam met haar man, Ryhno, op kitaar. Op die 20ste Desember het hulle kom kuier hier tydens Lizandra se toer by die pragtige Restaurant en Kuns Gallery, Seeplaas in Grootbrak en was ons baie opgewonde om dit by te kon woon. Dis ‘n relatiewe klein gehoor wat ondersteun vanaand en ek kan nie help om terug te dink aan ‘n praatjie wat ek eentyds bygewoon het waar daar toe net 3 gaste opgedaag het nie... Nou ja, 3 of 3000 - die idee is om getrou te bly! Die gehoor het hulle baie geniet en was ons beslis bederf met uitstekende vertolkings van eie skeppings asook bekende 'covers', waarvan Leonard Cohen se 'Hallelujah' en Bruce Springsteen se 'Dancing in the Dark', persoonlike gunstelinge was.  Jy sal Lizandra Winter dalk ken na 'n optrede wat jy onlangs bygewoon het of na die bekendstelling van die treffende...

Adelle Nqeto - Home

Photographer: Sune van Tonder Proud of Adelle Nqeto , a very special and talented South African artist now living in Germany. She released her inspiring EP ( HOME)  this year and we caught up with her to hear more about it. There will always be opportunities and seasons to grow when we choose to go beyond our comfort zones. This could mean leaving your physical home for a new one or replacing old ideas, beliefs for new ones #declutter Home is where the heart is:  your home will always be the place for which you feel the deepest affection NO MATTER WHERE YOU ARE! "Adelle Nqeto’s music stems from an introverted, curious, observer-heart, with a passion for melody as well as story-telling. Authenticity is an integral part of Adelle’s music, as she wears her heart on her sleeve, weaving melodies and lyrics to lure the listener in to sit and ponder on everyday life. Rooted in African folk, as well as exploring J azz, Indie and Pop,  she hopes to reveal the reality o...

For Cluttered Hearts

Photo: Drew Graham/Unsplash What a small word for such a big idea! When I Google the word, declutter, the first nugget of wisdom it shares is a video on how to declutter your home in 5 easy steps. Sounds reasonable. I would definitely watch that video and hope for a positive change. But what about the clutter in my heart and mind? Would I get a Google result giving a recipe on how to get rid of past hurts, unforgiveness, loneliness and disappointments in 5 easy steps? I would read that. I would follow their advice diligently and do the work because I need hope that this too can be fixed. Would it help? For sure. Would it be sustainable? No way. Why? Because your identity and character and belief in yourself are flawed . Humans are flawed . Your spouse who is supposed to validate you is flawed . Your children who are supposed to bring you joy, are flawed . So what then? How then? I surely don't have the perfect answer because I am still far from it, but I do have an opinion. ...

Leon Gropp

Joshua na die Reën & Leon Gropp in 'n baie spesiale intieme akoestiese konsert met 4 Strykers. Die konsert gebeur by die pragtige Imperfect Perfection in die ooste van Pretoria en belowe om 'n baie unieke ervaring te wees met die musikante wat tussen die mense sit. Kos en drank sal te koop beskikbaar wees. Bespreek net jou kaartjie, met 'n bietjie geluk sit jy dalk nog langs Joshua na die Reën...Moet net nie met hom praat terwyl hy sing nie :) Deure maak 17:30 oop, konsert begin 19H KAARTJIES Vir meer inligting, kontak: Imperfect Perfection - info@imperfectperfection.co.za _______________________________________________________ Leon Gropp se Desember Toer: 12 Desember: Trompsburg, Snobbs Coffee 13 Desember: Krakeel 14 Desember: Colesberg 15 Desember: TBA 16 Desember: TBA 17 Desember: Grootbrak, Seeplaas 18 Desember: TBA KAARTJIES en info NASIEINSPIRASIE sleepvoet dromer #vatvlam FACEBO...