Slaan oor na hoofinhoud

CHATA ROMANO - Riana Meyer


1.Meeste vrouens is maar gereeld op die uitkyk vir daardie uitrusting wat werk by hierdie, of daardie, geleentheid...en wat ook natuurlik pas by haar figuur!
Watter diens bied jy, as Chato Romano Senior konsultant, vir die gewone vrou en haar klerekas aan
?

Die belangrikste diens is die persoonlike konsultasies waartydens ek elke vrou help met haar persoonlike, individuele kleur- en figuuranalise om sodoende te bepaal wat haar beste kleure vir haar hare, klere en grimering is en wat die beste style is vir haar individuele figuur. Ons sit niemand in ’n kategorie van ’n spesifieke figuur-tipe nie. Die klem lê op die individuele analise. Ons kyk na elke persoon van haar kroontjie tot haar toontjie om te bepaal wat die heel beste style vir haar sal wees. Verder doen ek klerekasbeplanning, “personal shopping” sowel as “makeovers”. Iets wat vrouens ook baie geniet is die groepskonsultasies waar ’n paar vriendinne bymekaar kom vir ’n oggend/ middag en ek dan hulle analises saam doen.


2.In die Korporatiewe wêreld is dit ook noodsaaklik, ivm die beeld van 'n suksesvolle besigheid, vir werknemers om op hul beste te lyk wanneer hulle met kliente te doen het. Vertel ons meer oor HOE jy te werk gaan om besighede hierdie diens te lewer?

Ek doen dit deur middel van verskeie werkswinkels. Van hierdie werkswinkels behels kleur en styl oplossings. Die “Corporate Confidence” werkswinkels is baie gewild onder korporatiewe kliente. Ek bied selfs ’n werkswinkel aan genoem “Perfectly Packed” waartydens ek vrouens wys hoe om genoeg uitrustings te pak in ’n klein tassie vir enige tydperk van 2 dae tot 3 weke, winter of somer, vir besigheid of vakansie. Die werkswinkels word aangebied deur middel van ’n power point presentation met wonderlike fotos. Afhangend van die grootte van die groep en die behoefte van die maatskappy doen ek ook goepskonsultasies. Die is gewoonlik vir klein groepe (5 - 10 dames).
 


3. Waar het jou passie begin vir hierdie spesifieke werk en wat daarvan geniet jy die meeste?

Ek het nog altyd ’n liefde gehad om mooi aan te trek en dit was nog altyd vir my belangrik om elke dag op my beste te lyk. As Vader in Sy Woord sê dat die liggaam Sy tempel is beteken dit vir my dat ek daarna moet kyk en dat ek dit na die beste van my vermoë moet beklee. Ek weet ook dat wanneer ek verslons aantrek, ek die hele dag verslons voel. Ek het begin agter kom dat vroue baie maal ook soos ek voel, maar nie noodwendig weet hoe om daarby uit te kom nie. Ek het altyd graag vroue gehelp wat raad gevra het en het al hoe meer besef dat deur dit te doen ek ’n verskil maak in ander se lewens. Dit is juis hierdie aspek van dit wat ek doen wat ek die meeste geniet…’n klient wat my omhels wanneer sy haarself in die spieël sien en sê sy het nooit geweet sy kan so mooi lyk nie, of ’n vrou wat my na ’n konsultasie kontak om te sê ek het haar gehelp om haar huwelik te red…Dit is dan wanneer ek weet dat ek in Vader se diens staan en ’n verskil kan maak. Vroue is SO kosbaar en onderskat dikwels hulle waarde. Die lewe vandag verg baie van ons vrouens en in die proses vergeet ons van onsself. Voor ons ons oë uitvee het ons onsself so verwaarloos dat ons nie meer weet hoe ons kan lyk nie. As gevolg hiervan kry ons selfbeeld gewoonlik ’n knak en dan is dit ’n bose kringloop.


4. Hier op Nasie "Celebrate" ons gewone mense wat uitgedaag word in ongewone of moeilike omstandighede en, saam met God, sterk staan en oorwin! Deel asb een so getuienis uit jou eie lewe…

Na ’n mislukte huwelik op ’n vroeë ouderdom is ek op ’n relatiewe laat stadium van my jong lewe weer getroud met ’n man vir wie ek baie lief was. Ons het ’n wonderlike huwelik gehad maar het gou uitgevind dat ons nie kon kinders hê nie. Ons het na agt jaar se onsuksesvolle probeer, ook met behulp van medici, uiteindelik ’n baba dogtertjie aangeneem. Sy was die grootste geskenk wat ons uit Vader se Hand ontvang het. En sy was verskriklik lief vir haar pappa. Sy het elke aand van haar lewe in sy arms aan die slaap geraak. Toe sy egter 5 jaar oud is, is my man een aand oppad huistoe in 'n motorongeluk oorlede. Ek het gevoel of my lewe ook tot ’n einde gekom het. Baie dae was my dogtertjie die enigste rede waarom ek hoegenaamd uit die bed uit opgestaan het. Maar ek het besef dat in hierdie lewe ons nie altyd kan kies wat met ons gebeur nie maar dat ons verseker kan kies hoe ons dit gaan hanteer. Ek het ook beleef hoedat Vader my en my dogtertjie nooit vir een oomblik alleen gelos het nie. Hy is voorwaar ’n waarmaker van Sy Woord. Na ’n paar jaar het my dogtertjie ’n pappa in haar lewe begin mis en sy het begin bid vir ’n “nuwe” pappa. Toe sy een aand vir my sê dat sy al ’n geruime tyd daarvoor bid was ek geskok. Ek wou nie weer trou nie. Met die wysheid van die Heilige Gees het ek toe vir haar gesê dat ons vir Pappa God moet vra om ons beide se hartsbegeertes in lyn te bring met Sy perfekte wil vir ons, en dit is hoe ons toe begin bid het. Kort daarna het Vader die wonderlikste man en pappa vir ons gegee. Ons is nou beina ses jaar getroud en ek dank Vader vir Sy volmaakte plan. Niks is vir Hom onmoontlik nie en Hy het altyd die beste vir ons in gedagte.


5. In jou insiens, wanneer al die "make-up" en mooi goed af is...wat is ware skoonheid EN hoe belangrik is dit vir God?

Ware skoonheid kom verseker van binne. Dit wys in ons oë en dit straal deur ons wese. Selfs al is ons vol "make-up” en het ons die mooiste klere aan is dit ons innerlike waarheid wat ons skoonheid weerspieël. Dit is die kern wat bepaal wie ons werklik is. ’n Vrou met ware skoonheid is ’n vrou met onvoorwaardelike liefde - vir haar Hemelse Vader eerstens, en dan vir haar gesin en almal wie se lewens haar pad kruis, ’n vrou wat onvoorwaardelik gehoorsaam is aan God se Woord. Ware skoonheid is ’n vrou wat glimlag ongeag haar omstandighede…’n vrou wat met sagtheid ander aanraak…’n vrou wat met dankbaarheid en vreugde elke dag opnuut aanpak. Vader verwag dit van ons. Sy Woord sê dat ons swaarkry nie belangrik is nie maar dat Hy gehoorsaamheid van ons vra onder alle omstandighede. Hy sê dat ons ’n lig moet wees in hierdie die wêreld.

6. Jou goeie wenke word ook gereeld in 'n tydskrif, GET IT, gepubliseer. Waar kan lesers nog van jou wenke lees of selfs jou kontak sou dit nodig wees?

Ek skryf gereeld “daily Tips” vir die Chata Romano facebook page. Ek skryf ook maandelikse mode artikels vir die Get It Joburg West .

My website is
 http://chataromano.com/consultant/riana-meyer/
My epos is
 riana@chataromano.com
en  kontaknommer  083 325 6042



Riana with her daughter, Zoé

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde