Slaan oor na hoofinhoud

Elvis Blue




1. Welkom by NasieInspirasie!
Hier op Nasie is dit baie belangrik dat mense onthou dat hulle nie hoef te wag om 'n verskil te maak nie.Elkeen het genoeg. Begin net met wat jy het. Hoe belangrik was dit vir jou toe jy begin tree gee het in die musiekwêreld in? Het jy ooit getwyfel oor jou bekwaamheid? 


Ja, baie keer. En soms twyfel ek steeds. Ek dink dit is maar die menslike natuur om soms te wonder of jy goed genoeg is.



2. Hoe het jy jou Passie (vir musiek) ontdek? 

My ma was ‘n klassieke musiek onderwyseres so daar was altyd musiek by ons huis. Toe ek op hoërskool was het ek vir die eerste keer iemand sien kitaar speel en ek het net van daardie dag af besluit dat dit iets is wat ek wil doen. Dit was nie lank daarna nie wat ek my eerste kitaar gekoop het, en van toe af kon ek net nie stop nie.



3. Watter interessante dinge is jy deesdae mee besig waarna ons kan uitsien? 

Ja, 2015 is tot dusver ‘n groot jaar vir my. Die enkelsnit vanaf my nuwe album Êrens in die Middel van nêrens, genaamd “Die Hemel” is nou op radio te hore, en die album is al vanaf die 5de Junie in die winkels. Ek is ook op toer met die album en sien baie uit daarna om mense op allerande interesante plekke te besoek en besing.



4. Dis ook waar dat jy betrokke is by liefdadigheid projekte...Vertel asb meer hiervan!?
Daar is soveel wonderlike “causes” daar buite en ek moedig mense aan om by iets in te skakel wat met hulle en hulle leefstyl en ritme resoneer. Ek is betrokke by CANSA en die Casterbridge Music Academy, alby initiatiewe wat daadwerklik poog om moeilike realiteite te verander of verbeter.



5. Favorite Life Quote?....

Oe daar is so baie, om een te hê is vir my moeilik en om eerlik te wees, dit voel vir my verkeerd. ‘n Mens kan mos nie jou binnekant in ‘n paar sinne opsom nie…

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...