Die bekroonde filmmaker, Regardt van den Bergh, bekend vir films soos Faith like Potatoes, Klein Karoo en vele ander gaan weer tot gehore se harte spreek met die uitreiking van ‘n splinternuwe fliek uit sy pen, getiteld UITVLUCHT, wat op 27 Augustus 2015 by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai première. UITVLUCHT is ‘n drama en vertel die storie van Anna (Clara Joubert van den Bergh), ‘n behoudende middelklas vrou wat in ‘n buite-egtelike verhouding alles wat saak maak in haar lewe, verloor. In haar gebrokenheid kry sy werk op n plaaskooltjie met die naam Uitvlucht. Soos wat sy die kan wurms waarmee sy gekonfronteer word stelselmatig uitpluis begin haar eie restorasie plaasvind en leer sy om haarself te vergewe, en te begin aanvaar dat iemand haar dalk weer sal lief hê. Met die ondersteuning van die ander onderwysers en Dok (Stian Bam), 'n sagte vriendskaplike boer wat die Uitvlucht skool besoek en Anna bevriend, vind sy die moed om haarself en die mense rondom haar weer o...