Slaan oor na hoofinhoud

Liefde is Tuis - YOU ARE WHAT YOU EAT - deur Melissa Viljoen




Niemand maak kos soos my ma….

Soos ek staan voor die stoof, soos elke aand, met ‘n meisiekind wat agter my rug spaghetti gaps wat in die vergietis lê, nes ek toe ek klein was, begin ek dink… Ek dink oor hoe jou eetgewoontes, onder baie andere, verander van bly in die huis ,na jongeling student, na jonk getroud, na kids in die huis, en dan seker ook weer koekies en tee soos baie oumense.

Ons het ‘n tradisie… maandagaande is spaghetti aand. Dit was so toe ek in my ouerhuis gebly het en ek, die oudste, het die tradisie voortgesit in my huis. My man, wat ook hou van roetine èn spaghetti, raak krapperig as ek die menu vir ‘n maandag verander. My laatlam boetie, wat nounet verloof is,
het nie hierdie spesiale gevoel oor die tradisie nie. Hy is al moeg geëet aan spaghetti, soos my pa dit maak (jammer pa, ek geniet dit steeds!) en droom van groener weivelde. Boetie, wat nog in die huis bly, dink dalk hulle gaan elke aand ‘n gourmet-spesiale-iets anders maak as pasgetroudes, maar wanneer mens nog nesskrop het jy nie altyd geldjies vir sulke luuksheid nie.

Ek het die tradisie eerstens oorgeneem in my pasgetroude huisie omdat dit vir my laat terugverlang het huistoe. My eerste poging was nie so lekker so my ma s'n of heeltemal gaar nie, maar ek het darem verbeter oor die jare. Met kindertjies se fiemies en veranderende voorkeure is ek dankbaar dat my kinders nog, op die oomblik my spaghetti geniet en vra daarvoor. Ek voel ek maak dit terwyl hulle dit eet, ten minste eet hulle ièts, want party ouderdomme oorleef hulle mos op marmite broodjies en tee… En dan hoef ek nie elke dag so hard te dink oor wat om vanaand te maak vir ete nie…

Ek onthou hoe my ma, ook soms moeg vir spaghetti, toe ons klein was probeer het om ander heerlike disse te maak en ons soms, oor ons fiemies, maar brood geeet het vir aandete. Sy het probeer om maandagaand soufflé aand te maak, dan het sy lekker kaas soufflé gemaak met slaai. Dit klink nou vir my lekker, en ek weet nou hoe baie moeite dit was, maar destyds het ek gekla vir spaghetti!

Kosmaak is maar net een van die dinge wat mense bc (before kids) nie altyd (kàn) verstaan nie. My boetatjie het my ook herinner aan ‘n videotjie wat baie
gepas is … (Michael mccintyre – people without kids have no idea) Lekker gelag. Noudat hulle troue beplan en dink aan die toekoms het hulle op die videotjie afgekom, 'n seisoen waardeur ek nou al gegaan het.

Hopelik hou my gesin nog lank van spaghetti en laat my kos hulle later kies om by die huis te kom eet, want niks is lekkerder as ‘n bord van ma se kos nie.

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...