Slaan oor na hoofinhoud

Uitvlucht - Silwerskermfees in Kampsbaai


Die bekroonde filmmaker, Regardt van den Bergh, bekend vir films soos Faith like Potatoes, Klein Karoo en vele ander gaan weer tot gehore se harte spreek met die uitreiking van ‘n splinternuwe fliek uit sy pen, getiteld UITVLUCHT, wat op 27 Augustus 2015 by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai première.

UITVLUCHT is ‘n drama en vertel die storie van Anna (Clara Joubert van den Bergh), ‘n behoudende middelklas vrou wat in ‘n buite-egtelike verhouding alles wat saak maak in haar lewe, verloor. In haar gebrokenheid kry sy werk op n
plaaskooltjie met die naam Uitvlucht. Soos wat sy die kan wurms waarmee sy gekonfronteer word stelselmatig uitpluis begin haar eie restorasie plaasvind en leer sy om haarself te vergewe, en te begin aanvaar dat iemand haar dalk weer sal lief hê. Met die ondersteuning van die ander onderwysers en Dok (Stian Bam), 'n sagte vriendskaplike boer wat die Uitvlucht skool besoek en Anna bevriend, vind sy die moed om haarself en die mense rondom haar weer op te bou.

Behalwe haar eie dilemma moet sy skielik handel met skoolouers se drankmisbruik, kinders wat gemolesteer word en ongenaakbare mense, wat geen ontsag het vir hulle eie lot nie.

Dit is ‘n storie van hoop in ‘n hopelose situasie, genade in desperaatheid, en van liefde wat alles oorwin.




Rolverdeling:

Clara Joubert van den Bergh - Anna
Stian Bam - Dok
Margot Luyt - Hetta
Carel Trichardt - Joshua
Jill Levenberg - San
Oscar Petersen - Pieta
Clyde Berning - Willie
Regisseur: Regardt van den Bergh
Skrywers: Regardt van den Bergh / Clara Joubert van den Bergh
Vervaardigers: Regardt van den Bergh / Vlokkie Gordon
Kindematograaf: Zenn van Zyl


Die eerste lusmaker lokprent van die fliek is vrygestel op 7 Augustus 2015. Kyk dit hier: 
https://youtu.be/EUK6qyr5Sj4

UITVLUCHT open op 13 Mei 2016 in fliekteaters landwyd en word versprei deur Ster Kinekor Entertainment.




Sosiale media platforms:
Facebook: https://www.facebook.com/MovieUitvlucht?fref=ts
Twitter: @uitvlucht_movie




Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '