Slaan oor na hoofinhoud

Jo Engelbrecht



#nasieinspirasie
Jo Engelbrecht 2015


1.Wat of wie inspireer jou??


Mense inspireer my, mense wat regtig 'n verskil wil maak. Mense met hart en meegevoel vir ander. Ek sou sê die persoon wat die grootste impak op my lewe gehad het, was my oupa. Hy is laas maand oorlede na 'n stryd met kanker, maar hy was die perfekte voorbeeld van selfloosheid en hoe om regtig vir sy naaste liefde te wys.


2.Dit blyk of jou baard al 'n persoonlikheid van sy eie het. Vertel ons meer oor hoe jy besluit het om dit (hom..) te laat groei en wat dit vir jou beteken?

Die baard storie is regtig deurmekaar, ek wou my baard vir 'n jaar groei net uit verveeldheid. Na 'n jaar se groei het ons uitgevind van my oupa se kanker, daaruit het so klein ding tussen my en hom begin oor die baarde. Ek het vir hom gesê dat hy kan ophou veg teen die kanker, die dag as sy baard langer is as myne. Dit het nogal 'n baie sterk band tussen my en hom gevorm, hy het tot op sy einde daardie baard van hom laat groei. So ek dink die baard-ding is maar meer 'n persoonlike ervaring as wat dit oor mode of iets gaan. Bygesê, my fotos doen die hele wêreld deur die rondte, en dit oor 'n paar hare op my kennebak.


3.Waaroor is jy Passievol?


Ek is passievol oor baie dinge, eerstens om 'n pa te wees. Ek het 2 dogtertjies wat my wêreld is, ek is baie by die huis wat dit moontlik maak om deel te wees in alles wat hulle doen, van bad in die aand, skool toe vat, hare vleg en elke prinses op Disney kanale se name te ken. Ek het so ernstige vraag wat ek al my vriende altyd vra: "sal jy dat jou dogter met 'n man soos jy trou"? En dis wat maak dat ek elke dag 'n beter pa wil wees.
Ek is ook baie passievol oor my musiek, veral lof en aanbidding. Dis asof dit regtig musiek is wat jy net met hart kan sing, die enigste plek waar jou lirieke meer as net woorde moet wees. In kort is ek passievol oor Rugby, biltong, en baard groei. Die laasgenoemde twee loop hand aan hand, ek maak biltong onder die naam: The Bearded Butcher. Daar's eintlik soveel dinge waarvoor ek 'n passie het, maar ek gaan julle verveel as ek alles nou moet begin lys.


4. Watter lewenswyshede sou jy graag vir jou kinders nalaat?

Ek is erg oor "Legacy" jammer vir die engels, maar dis 'n lekkerder woord om te sê. My pa was 'n baie gesiene en gerespekteerde man, maar ek onthou as kind die stories wat mense van hom vertel het, dit was nooit oor hom as persoon nie, dit was altyd oor watse groot man hy is, hoe goed hy geboks het, ens. Dit het my nogsteeds baie trots gemaak as mense my vra :" is jy Willie se seun"? En dan vertel van die ou dae.
Ek wil graag dit nalaat aan my kinders, dat sou hulle oor 20 jaar iewers deur iemand genader word wat vra of hulle Jo se dogters is, dat hulle my dogter sal trots maak met die stories wat hulle vertel van my. Dat hulle eerder sal vertel van die tipe man wat ek was, maar as wat ek bereik het in die lewe.


5. Hoe het jy betrokke geraak met musiek en waarmee is jy tans besig?

Vandat ek kan onthou was ek mal oor musiek, ek het op die ouderdom van 14 my eerste kitaar gekry, my ma het hom nog gekoop vir R164.00. Die prys is nie so laag omdat ek oud nie, dis oor die kitaar in mooier woorde, van laer gehalte was. Ek het in 2000 die ATKV se liedjie skrywer van die jaar gewen, en toe eers begin besef dat daar dalk 'n loopbaan in musiek vir my kon wees, maar soos meeste musikante het realiteit my gedwing om werk te gaan soek en my musiek net as stokperdjie te beoefen. Dis eers van 2007 af wat ek my passie vir lof en aanbidding ontdek het, en dis wat ek gedoen het tot nou toe. Ek wou nog nooit 'n cd maak of naam maak in die musiek bedryf nie, maar alles het daar toe begin lei. Ek lei tans aanbidding by 'n paar kerke en skole en dan is ek ook deel van 'n groep: What Ships Are For. Ons is 'n akoesties groep wat speel by troues, funksies of basies enige plek waar hulle ons wil hoor. Die grootste projek wat ek tans aanpak, is my eerste solo album. Ons is besig met die opnames en behoort teen November iets in die hand te hê, ek glo ek is nou eers gereed vir so iets. Julle kan my facebook dophou vir optredes en datums, daar is ek Jo Engelbrecht, dan is ek ook op Instagram en Twitter onder @joblack8


6. "Quote" of Vers wat tans op jou hart is?


Daar is so baie goeie verse en quotes, maar as ek moes kies sou dit Psalm 139:7-8 wees. Ek het dit op my bors laat tattoeër die woorde: 

Even in death He finds me.

Die mooiste idee waarmee ek saamleef is : it says a lot about a man who walks with the rich but can still sit with the poor. Rykdom, klas en voorkoms van mense moenie jou persepsie van hulle beinvloed nie.












Opmerkings

  1. Wow!!! Mag God dit wat jy aanpak, groter maak as wat jy ooit kon droom!! Net meer vir Jesus!!!

    AntwoordVee uit

Plaas 'n opmerking

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...