Slaan oor na hoofinhoud

Kuns deur "HOUSE OF MARIA"



1. Hier "celebrate" ons God, mense, talente en passie. Ons glo dit inspireer! Wie of Wat inspireer jou?

God inspireer oorhoofs AL my besluite, Hy is die rede hoekom ek doen wat ek doen, hoekom ek skilder, wat ek skilder ens. 
Verder inspireer dekor my, glo dit of nie, maar as ek Barbie gespeel het (wat ek nie gehad het nie, ek het 'n "flower prinses" gehad....) Dan was ek meer besig om vir haar huis te bou as om met haar self te speel... Ek lief dit om meubels rond te skuif en skilderye vir gate te maak in die kleur wat iemand nodig het.
So ook om mense mooi te maak... Ek hou van mooi maak! Ja! Ek moes laaaank sukkel met dié een, tot ek vrede vind met die wete, God het my so gemaak en dis ok.


2. Wanneer het jy jou kuns-talent ontdek en besluit om met dit te woeker?
Ek is daarmee gebôre.... Mens weet as jy kunstig is, want ek kon teken of beeldjies bou uit 'prestik' asof dit geen uitdaging is nie... 
Om daarmee te woeker was na 'n gebed oor wat God wil hê ek moet doen.... Hy het my geantwoord deur woorde wat ek op 'n voete-was skildery gesit het.... "then Jesus said:"take what I have given yoú and change the world".... Ek kan skilder, en skilder wat in my is.... En wat in my is, is Hy.... 

3. Jou werke ontlok baie emosie onder mense. Watter terugvoer het jy al ontvang waar jy weet die mense diep aangeraak is deur jou skilderye?
Ek ontvang baie sulke terugvoer waaroor ek baie dankbaar is, want dan weet ek God is nog in beheer en ek nog op die regte pad, maar dis nie ek wat so waffers is nie, die emosie word deur God self uitgelok. Ek skilder wat in my is, dis al. Soms is ek hartseer (maar my boodskap bly soos Dawid s'n) "why art though so cast down o my soul?" Ek weet mos God sal alles ten goede uitwerk vir my, omdat ek glo.... Ek dink dit is wat ander inspireer, "transparency" true life... Met die "BUT GOD", daarby maak dit "true life" vir my.... Dis wat ek skilder, dis wie ek is... Dis al wat ander kan inspireer...God in al sy glorie! 


4. Enige Raad vir jong, nuwe kunstenaars? 
As jy kunstig is, weet waar jou talent vandaan kom, onthou die Skepper van JOU talent. Hy is die groot kunstenaar, Hy het jou en jou talent gemaak... Leun in op Sy raad, doen wat Hy op jou hart lê, wat jy ookal doen.... Gaan voluit daarvoor. Bo Als ... Leun in... Nog bietjie nader.... Nog bietjie nader.... Luister wat Hy vir jou fluister: "SY STEM IS IN DIE WIND"


5. 'n vers of "life-quote" wat tans op jou hart is?
Van die begin tot nou en vir altyd: if there is 
One thing have I asked of the Lord, that will I seek, inquire for, and [insistently] require: that I may dwell in the house of the Lord [in His presence] all the days of my life, to behold and gaze upon the beauty [the sweet attractiveness and the delightful loveliness] of the Lord and to meditate, consider, and inquire in His temple. [Ps. 16:11; 18:6; 65:4; Luke 2:37.] (‭Psalm‬ ‭27‬:‭4‬ AMP)


6. Hoe kan mense jou kontak of volg waarmee jy besig is?
www.houseofmaria.com  Tel: 044 6905735
Epos: info@houseofmaria.com
Facebook, Pinterest, instagram, twitter!







Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...