Slaan oor na hoofinhoud

Ultimate Aim


Op die 16de Mei 2019 is NasieInspirasie, ander media en gaste genooi na die bekendstelling van Jo Black, Albie Morkel en hul vennote se nuutste avontuur: 'The Ultimate Aim Sports Pavillion' in Montana, Pretoria. Derek Alberts en Janina Oberholzer het die welkom-werk gedoen en gaste tuis laat voel by hierdie spesiale aand en byeenkoms. 

Albie Morkel het kortliks vertel hoe hy destyds soms maande lank van die huis af weg moes werk en hoe uiters moeilik dit was vir hom en sy gesin. Ultimate Aim se hartklop-gedagte is dus 'n bymekaarkom plek vir gesinne en families. 'n Plek waar almal welkom is van klein tot oud! Ultimate Aim is nog nie klaar nie, daar is nog idees in wording en Albie het ook genoem dat die ontwikkeling van jong kinders hulle na aan die hart lê. 

Dit is 'n baie groot 'venue', daar is o.a karre, 'n gholfbaan (Simulation),  'n Gholf winkel, 'n visvang winkel en 'n 'archery' baan, 'n moontlike skietbaan word beoog vir die toekoms. Daar is speelplek vir kinders asook konferensie-en kantoor fasiliteite. 




Jo Black sê dat hy al jare lank droom oor THE BEARDED BUTCHER, dis die restuarant en musiekteater by Ultimate Aim: 

"7 Jaar terug toe staan ek in 'n enkelgarage, wat oop was, want daar was nie 'n kar nie... en ...ek dink my vrou is al so moeg vir my, want ek is 'n dromer. Ek's  nie in 'n boks gebôre nie, ek kan nie in die boks dink nie... maar toe staan ek in daardie garage en ek sê vir haar ek gaan 'n Biltong besigheid begin en toe sê ek vir haar klaar; die naam gaan THE BEARDED BUTCHER wees en ons gaan geld maak uit vleis uit.... dit het toe nooit gebeur nie, maar daardie droom het nog altyd by my gebly en hy het groter geword, ek wou terugkom na dit toe en ook 'n plek maak waar kos koning kraai en waar musiek jou nommer een is en kyk waar staan ons vanaand...in THE BEARDED BUTCHER, dankie dat julle hier is...Wow..."


Debbie en Jo

Jo vertel verder dat dit beslis 'n familie besigheid is, want die Chef van The Bearded ButcherLinde Watson Graaff, is ook sy kitaarspeler, Ruan Graaff se vrou. Sy is 'n uitstekende Chef wat baie lekker burgers, pizza en steaks op die Bearded Butcher se spyskaart het.

"Die verhoog hier is ook 'n Droom...", sê Jo Black, hy self wat optredes daar sal doen asook ander kunstenaars nl. Spoegwolf, Riana Nel, Elvis Blue, Majozi, Rubber Duck en vele ander wat deur die jaar hier sal kom optree.

Die amptelike openingsaand van hierdie spesiale plek vind plaas op 31 Mei 2019

Inhoud & fotografie: Hubri Bruyn
geskryf deur iskra










NasieInspirasie: Hubri en Sunet Bruyn

NasieInspirasie: Hubri Bruyn

Aan al die joernaliste wat graag lief is om te vra: "Wie is Jo Black?"
Hier is die antwoord van nou tot in infinity (so julle hoef hom nie weer die vraag te vra nie...) JO BLACK is 'n *skirminkel van die Noord af, maar wat so bevoorreg is om mense in my lewe te hê, mense wat drie jaar terug in hierdie skirminkel iets gesien het, 'invest' het en dinge vir hom moontlik gemaak het, as dit nie was vir die 'amazing' span mense nie......Baie Dankie! - Jo Black

*Urban Dictionary, Skirminkel:
"A guy who brings frozen wors to a braai, an ends up eating your prime steak instead."


Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Vir Die Voëls - Premiere & Resensie

#NasieInspirasie was genooi deur Starburst Promotions na die Premiere van "Vir Die Voëls" - 'n Film wat gebasseer is op die ware verhaal van Irma Humpel en Sampie De Klerk  (Vertolk deur  Simoné Nortmann  en Francois Jacobs - Foto) Sou mens kyk na die diereryk en die natuur in geheel is daar beslis baie lewenswaarhede wat daaruit gering kan word. So word dit ook vertel in die nuwe film en impakvolle storie van Irma Humpel en Sampie De Klerk, se "Vir die Voëls . Huisgenoot het hulle 100ste bestaansjaar gevier, 'n kompetisie geloods en lesers genooi om hulle liefdesverhaal te deel. Huisgenoot vertel die wenner se storie op die silwerdoek met behulp van Kyknet en Factory Films. "Vir die Voëls" vertel die ware verhaal van Irma Humpel (Simoné Nortmann), ’n korrelkop-rabbedoe wat in ’n trourok voor die kansel beland langs die seun wat haar kleintyd onophoudelik geterg het. Tot kort tevore was haar kop op ’n blok dat onafhanklikheid die enigste vorm van

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde