Slaan oor na hoofinhoud

Melissa Viljoen


1. Naam en Van?
Aangename kennis my naam is Melissa Viljoen, ek woon gereeld geleenthede by waarna Nasie genooi word en geniet dit ook om onderhoude te doen. Ek is "daughter of the King" en 'n dogter, sussie, vrou, vriendin en mamma.


2. Wat is jou Werk?
My werk op die oomblik is "chief, cook and bottle washer" soos my pa sou sê. Ek het my goed betalende werk as rekenaarprogrammeerder en later juffrou, agtergelaat toe my oudste nog in haar nessie was en "I haven't looked back since". Dankbaar dat my man daardie droom van my ondersteun.
Ek het die voorreg om taxi, verpleegster, kok, entertainer ensovoorts te wees en ek geniet elke dag my kosbaarste "pêrels" om my nek, die arms van my vier kiddies. 


3. Waaroor is jy passievol?
My passie is mense en hulle drome. Ek geniet dit om te sing, en te gesels, en te lag, en te bemoedig, en te help. Ek hoop om ander te inspireer deur te wees wie God beplan het vir my om te wees en dan my stories te deel om te help wys ons almal het liefde, bemoediging en hulp soms nodig. Ons het mekaar nodig. Ek hou ook baie daarvan om te NETWERK met mense wat soortgelyke passies het en om sulke mense ook aan mekaar voor te stel!


4.Hoe hoop jy om mense te inspireer?
Ek hoop om ander te inspireer deur kanse te waag en gehoorsaam te wees as God so sê. Hy sal my nooit laat val nie en Sy planne vir ons binne Sy prentjie is groter as wat ons dink. Hy het potensiaal in elkeen van ons gesit.


'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand #nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Here we go!!!!! - Willie the Fudge Man

I have decided to take it a little further and meet 'the man on the street', doing interviews with different people in my community on the principle as discussed in Luke 16:10 Whoever is faithful in small matters will be faithful in large ones; whoever is dishonest in small matters will be dishonest in large ones Having in mind that the little boy who brought only 2 fish and 5 loaves brought enough for Jesus to feed THOUSANDS through his little contribution ... I believe that God is saying; Why are you holding back? Is it because you think, by your own estimate and the negative influences and people around you... that you are inadequate? Give what you've got to God and He will make it MORE! He made you, He knows what for so you are free to take the first step, trusting Him. So here goes... My first interview was with a man on the street, on Zambezi drive (Sefako Makgato drive) in the Montana area. He has and will inspire many. His name is Willie and he ...