1. Vir iemand wat natuurlike talent het om gevoelens en ervaringe in liedjies om te sit, wat, sou julle sê, inspireer julle musiek die meeste? Ek skryf redelik divers en hou van aktuele temas maar op die ou einde van die dag wen die tema van liefde. Ek kan dus sonder twyfel sê dat liefde my die meeste inspireer om te skryf. 2. Hoe het jul lewens verander van VOOR julle as wenners vir Afri-Visie 2015 aangewys is tot nou? AfriVisie was 'n ongelooflike platform en het vir ons geweldig baie deure oopgemaak. Ons het bv. die naweek by Super Skouspel opgetree wat nooit anders sou gebeur het indien dit nie vir AfriVisie was nie. Verder het dit ons in 'n posisie geplaas waar ons 'n ordentlike album kan opneem wat ons teen die einde van die jaar met julle sal deel. 3. Waaroor is jy passievol? Musiek en mense. En selfs hierdie land van ons asook konsep-ontwikkeling. Ek hou van alleen wees en dink en leer. Maar die grootste passie sal maar altyd musiek bly. Ubuntu is ook 'n voo...