Foto geneem deur: Jaco Bothma
1. Baie Welkom by NasieInspirasie! :) Hier motiveer ons mekaar om nie te fokus op die dinge wat ons dink ons kort of nie het nie, maar om dit wat ons HET te gebruik en so 'n positiewe verskil te maak. Het jy 'n storie, uit jou eie lewe, waar dit ook jou situasie was?...
ek het in 1991 tydens die verfilming van sonkring eendag baie siek geword van slegte hoender. ons het by die mynhope in wemmerpan verfilm en ek moes my kort-kort na die sinkhuisie haas om om verlossing te spook. daar was helaas nie toiletpapier nie, maar gelukkig het ek n koerant byderhand gehad.
2. In die proses van liedjies skryf en dit uitvoer; wat daarvan geniet jy die meeste?
die twee is sodanig anders van mekaar dat direkte vergelyking beide kognitief en emosioneel onverantwoordelik sal wees.
die lekker ding van liedjies skryf is dat 'n mens kan beitel tot dit reg is. die lekker ding van uitvoering is dat jy nie kan beitel nie en jou foute net daar moet laat en deurdruk.
tydens die skryfproses kan 'n mens lekker jan tuisbly speel en tienuur op 'n dinsdagoggend n koffiepouse genuttig. tydens die uitvoerproses is 'n mens op toer en sien jy mense, plekke, en in hierdie land, die pragtigste vistas.
genot ontstaan in jou hart, ek dink nie dit hoort van ander dinge af te hang nie.
3. Wat of Wie inspireer jou?
inspirasie is helaas nie 'n wat of 'n wie nie (glo my, anders het ek permanent daar of met diegene vertoef!). inspirasie is 'n sluiper wat jou onverwags toetekel, soms op die vreemdste plekke, en dan moet jy skep! ek moet ook noem dat inspirasie geneig is om meer gereeld op besoek te kom wanneer jy meer gereeld inklim en moeite doen.
4. Watter musiek is tans in jou kar se CD speler?
o gonnas, daar betrap jy my nou: johan van rensburg se tekkie-rag. dis vrolike, grappige musiek met ongelooflik baie lig daarin.
5. Watter 3 dinge is jy passievol oor?
die liefde van my geliefdes, die natuur, kennis.
6. Watter projekte/optredes is jy tans mee besig?
6. Watter projekte/optredes is jy tans mee besig?
ek gaan in oktober in die ateljee in om my volgende album 'firmament' op te neem.
7. Hoe ervaar jy, is jou musiek verryk, in Posduif en in jou samewerking met Daniella Deysel?
verskillende woorde roep verskillende klanke in my toonsetting op. daniella se woorde is besonder en so uniek soos sy, daarom het ek daarvoor musiek gemaak soos nog nooit vantevore in my loopbaan nie.
7. Hoe ervaar jy, is jou musiek verryk, in Posduif en in jou samewerking met Daniella Deysel?
verskillende woorde roep verskillende klanke in my toonsetting op. daniella se woorde is besonder en so uniek soos sy, daarom het ek daarvoor musiek gemaak soos nog nooit vantevore in my loopbaan nie.
Opmerkings
Plaas 'n opmerking