Riska Du Plessis, Skryfnaam: iskra
2. Wat is jou Werk?
Ek is 'n vrou vir my man en 'n ma vir my kinders. Ons woon in Danabaai, naby aan Mosselbaai en geniet die lewe en mense hier. Ek het NasieInspirasie amper 7 jaar terug begin onder my skryfnaam iskra. Dit is 'n russiese woord, bevat al die letters in my naam en beteken VONK. Nasieinspirasie se leuse is: " 'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand." Gee net wat jy het, dit maak 'n verskil - jy is genoeg! Nasie is 'n plek waar ek van my kreatiwiteit uitleef en hopelik ander s'n aan die brand steek.Ek voer onderhoude op die blad, doen publiserings en baie van die grafiese werk en ontwerp van die gedrukte uitgawe. Ek is baie lief daarvoor om liedjies saam my man te skryf en te sing, ook om gedigte te lees en te skryf. Volg my gerus op my sosiale media platforms: geskryf deur iskra (Facebook & Instagram).
3. Waaroor is jy passievol?
Ek LEEF op liedjies en inspirerende stories. Ek is passievol oor mense en hulle stories. Die opbouende en bemoedigende...Wanneer dit my hart raak wil ek dit met almal om my deel met die hoop dat dit vir hulle ook iets sal beteken.
4.Hoe hoop jy om mense te inspireer?
Ek hoop om sleepvoet-dromers te inspireer terwyl hulle saam my "reis", "explore" deur die mense en dinge wat my inspireer. Ons almal is eintlik maar 'n sleepvoet-dromer wat so dan en wan inspirasie benodig. Daar is dalk net een mens daarbuite wat die inhoud lees. Vir daardie een wil ek graag herinner dat dit wat hy/sy dink min is, baie is vir iemand anders en 'n baie groot impak op iemand anders se lewe kan hê. Ek wil graag mense inspireer en help om hulle God-gegewe passies en drome te ontdek en uit te leef maak nie saak hoe oud hulle is nie. Dis nooit te laat nie."Don't die with your music inside you." Wayne Dyer
Opmerkings
Plaas 'n opmerking