Slaan oor na hoofinhoud

THE WIFE


Volgens die bekende gesegde is daar altyd wonderlike vrou agter elke suksesvolle man. In regisseur, Björn Runge, se eerste Engelse speelfilm, THE WIFE, kry jy die kans om hierdie vrou te ontmoet.
Hierdie opwindende drama – ’n verwerking van Meg Wolitzer se 2003-roman met dieselfde naam deur Jane Anderson – ondersoek hoe ’n vrou se opofferinge dikwels die prys betaal vir haar man se sukses. Glenn Close, wat reeds ses Oscar-benoemings agter haar naam het, is te sien as Joan Castleman, die vrou en ondersteuner van haar man, Joe (Jonathan Pryce), ’n charismatiese en suksesvolle skrywer.

Berlin Silver Bear-wenner, Runge, verduidelik hoe hy by die projek betrokke geraak het: “Ek het die draaiboek gelees en dadelik die wonderlike dialoog, sterk karakters en interessante heelheid van die verhaal raakgesien. Dit was ook duidelik dat hierdie vir Glenn Close ’n wonderlike geleentheid kon wees om waarlik haar toneelvernuf aan die wêreld ten toon te stel. Om deel te wees hiervan was ’n maklike besluit vir my.”

THE WIFE begin waar die paartjie die nuus kry dat Joe ’n Nobelprys vir Literatuur gaan ontvang. Soos wat haar man voorberei om sy prys te ontvang, begin Joan – die perfekte alfa-vrou – besef wat sy verloor het terwyl sy besig was om haar man se skryfloopbaan te bevorder.
Deur middel van terugflitse, verklap die fliek wat Joan se drome as student was – met die jonger Joan wat deur Close se regte dogter, Annie Starke, gespeel word – en hoe haar eie loopbaan as skrywer, wat baie belowend gelyk het, geëindig het omdat sy haar man moes onderhou en kinders moes grootmaak.
Wanneer die paartjie na Swede vertrek om die prys in ontvangs te neem, bereik die spanning kookpunt en is die vrou wat vir jare in haar man se skaduwee geleef het reg om haar plek in die kollig in te neem. Om sake te vererger, is daar ’n aggressiewe biograaf wat hulle agtervolg en vasbeslote om oor Joe se lewe te skryf.

Close is uitsonderlik in die rol van die sjarmante, enigmatiese, diskrete en ondersteunende vrou van ’n wêreldberoemde skrywer. Sy is onnodig subtiel, onleesbaar kalm en vol selfbeheersing – die perfekte voorbeeld van ’n pynlike huwelik, bedrog en die politiek waarmee bekendheid gepaard gaan.
Sy word ondersteun deur Jonathan Pryce, wat die rol van die geïrriteerde en verwaande skrywer, wat verslaaf is aan bewondering, perfek vertolk. Christian Slater is die verraderlike Nathaniel Bone – ’n obsessiewe aanhanger en skrywer – wat glo dat hy die geheim agter Joe se sukses en hulle ongelukkige huwelik ontsyfer het. Max Irons speel die paartjie se temperamentele seun, David, wat ook ’n skrywer wil wees en desperaat is vir sy pa se goedkeuring.
“Volgens my het beide Glenn Close en Jonathan Pryce die beste spel van hulle loopbane in hierdie fliek gelewer. As ’n regisseur, was dit vir my ’n voorreg om saam met hierdie talentvolle akteurs te werk en te sien hoe hulle lewe gee aan ons storie,” sê Runge.

Fantastiese kamerawerk, ’n slim draaiboek, soomlose redigering en ’n Oscar-standaard vertolking deur Close gee vir hierdie rolprent ’n sterk stem onder die gehoor wat geteiken word. Dit staan veral op vir vroue wat voel dat hulle nie deur hulle manlike eweknieë raakgesien word nie, of vir diegene wat letterlik hulle loopbane en ambisie opgegee het vir ander mense.

“Dit is moontlik een van die moeilikste karakters wat ek ooit moes speel,” sê Close oor dié rol wat van haar vereis het om ’n komplekse protagonis se storie vanuit die skaduwee van haar man oor te dra. “Ek dink dit is ’n situasie waarby vroue van elke ouderdom en generasie kan aanklank vind. Ek is baie trots op die film, omdat dit die subtiele elemente van die man-vrou-verhouding ondersoek, asook vroue wat hulself laat definieer deur mans tot hulle eie nadeel,” voeg sy by.


THE WIFE is ’n besonderse rolprent, wat deur vrouwees geïnspireer is, en regtig probeer om die sielkunde agter die skoner geslag te verstaan. Alhoewel die aan die een kant propvol spanning is, is dit ook ’n humoristiese en emosionele reis; ’n viering van vrouwees, selfontdekking en bevryding.

THE WIFE word versprei deur Filmfinity (Edms) Bpk. en sal landswyd vrygestel word op 24 Augustus 2018.

Kyk die lokprent hier: https://www.youtube.com/watch?v=d81IM0loH7o

SOSIALEMEDIA
Vir meer inligting oor THE WIFE, insluitend die amptelike lokprent, hou ons Facebook-blad dop of volg ons op Twitter by @NutsAboutMovies en gebruik die hutsmerk #TheWifeFilmSA om oor die fliek te gesels.

INTERNASIONALE SKAKELS
Facebook: https://www.facebook.com/TheWifeFilm/




'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand 
#nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...