Slaan oor na hoofinhoud

STROOMOP - Die Première


Die première was spoggerig met al die sterre wat oor die tapyt geflits het. Ons het kans gekry om met sommige van die karakters wat in die film verskyn te praat voor die fliek begin het. Ons deel later meer van hul inspirasie! Die dames het almal die ervaring as 'n baie uitdagende, maar positiewe rol bestempel. Dit was meer as net 'n film en elkeen het ook persoonlike groei saam huistoe gevat. 

Die omgewing en aard van die film was die grootste uitdaging. Dit is 'n aksiebelaaide film met lekker lag en huil oomblikke. Hulle het natuurlik al hulle eie stunt werk gedoen. DonnaLee en Ivan se trots was soos die van 'n nuwe Ma en Pa. 

Dit is hulle eerste film saam waar Ivan die regisseur stoel beklee het. 
(Luister gerus ons potgooi onderhoud met hom deur die skakel te volg: STROOMOP POTGOOI SAAM IVAN BOTHA #nasiestasie) 

Hulle liefde vir mekaar en opgewondenheid oor die doel van die fliek maak mens opgewonde oor hulle toekomsplanne. Hulle het elkeen wat gehelp het uit hulle harte bedank en mens kon aflei uit die bedankings dat die span soos 'n groot familie geword het. 

Die kinematografie is op intenasionale standraad en die jare-lank-saamwerk was sigbaar. Die musiek het bygedra tot die spanning al dan nie. Daar was ook refleksie oomblikke wat die musiek mooi ondersteun het en 'n spesiale lied wat deur die fliek gevleg is en alles mooi saam gebind het.

Om stroomop te wees beteken om teen die grein te gaan, of anders te wees. Dis wat die fliek belowe het met sy naam en dis wat die fliek gelewer het. 'n Film wat verfrissend anders is. Die stroomop gees van die vrou is die een wat oorwin. Die een wat aanhou veg terwyl ander reeds opgegee het. Dit bly steeds 'n voelgoed fliek oor vroue, maar nie met tradisionele helde nie. Dit sal verseker by manne, net soveel as vroue,  aanklank vind en is nie 'n tipiese fliek op enige vlak nie. 

Die boodskap laat my dink 
aan die 'quote' van Christopher Robin in Winnie the Pooh: 

"You are braver than you believe, stronger than you seem, and smarter than you think." 

Dit laat mens dieper dink, delf en besef dat ons meer kan oorkom as ons net sal besef ons is nie alleen nie. Ander trotseer ook hulle eie seer en ons kan mekaar aanhelp deur te erken ons sukkel soms. Die waarheid is bevrydend. As ons saamstaan in ons gebrokenheid kan ons meer vermag as om alleen jammer te voel vir onsself. Ons het mekaar nodig! 


HIERDIE FLIEK BEGIN OP VROUEDAG, 
so nooi jou wyfie-bende (en hulle mans) 
om dit saam te geniet!!!

KYK die Lokprent hier:
STROOMOP LOKPRENT

deur Melissa Viljoen
Fotografie Lenetjie von Wielligh





























'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand
#nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...