Slaan oor na hoofinhoud

STERKER








Sou dit nie lekker wees as ons net altyd 'n kalm see het om op te vaar oppad na ons drome nie? Storms is dalk nie lekker nie, maar dit maak ons sterker en berei ons voor vir uitdagings wat deel van die uitleef van ons droom is. Soos die storie van die man wat teen die rots gedruk het, moes hy eers sterker word.
(Volg die skakel as jy nie hierdie storie ken nie: 
http://everforwardinchrist.com/pushing-the-rock/)

As al die deure net altyd oop gestaan het sou dit so maklik wees, te maklik dink ek. Ek dink nie ons sou ons bestemming so baie waardeer het, as ons so maklik daar uitgekom het nie. 

Klippe kou maak die kos van Kanaan lekkerder wanneer jy daar uitkom!

Ons het soms nodig om op te staan teen die reus en te oorwin om ons droom te verdedig sodat ons, wanneer ons daar is, nie terug verlang nie, maar voluit gaan en vas staan!

Sou dit makliker wees om vir seker te weet wat jou doel is? Ja seker, maar soos 'n mens aanstap, luister en leer mens om fyner te kyk, te ontdek en te weet wat jy moet doen!

Daar is nie altyd so baie dinge wat in die pad van ons drome staan soos wat ons noodwendig dink nie. Ons vrese het ook 'n manier om ons drome lam te lê en het ons soms onnodige perke wat ons drome gevange hou.

Byt vas met jou drome, dis die moeite werd om voor te werk en soms daarvoor te moet veg. Moenie opgee nie. Doen wat in jou brand en steek ander se vuurtjie om jou ook aan.

Kyk/Luister hierdie musiekvideo/liedjie van Mandisa: STRONGER 
en laat toe dat dit jou inspireer! MANDISA:STRONGER







'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand 
#nasieinspirasie

Opmerkings

Gewilde plasings van hierdie blog

Die klippie in my skoen - geskryf deur iskra

Wat 'n knaende verraad! Daardie klippie in die skoen. Daardie ding wat krap en pla en mens soms verleë laat. Dis 'n pes as jy dalk jaag van hier na daar, soveel dinge wat aan jou trek; jou aandag vat; daar is nie tyd nie! Vir jou om net te kan sit, skoen uittrek en die verdomde ding uitgooi! Pfffeeeu...! Wat 'n verligting as hy eers weg is! So klein dingetjie met soveel praat in sy kneuse...daardie klippie in die skoen. (Talk about rubbing me up the wrong way!) Ons het almal maar ons klippies. Klein goedjies wat haak en pla. Daagliks knaag dit aan ons..maal dit rond in ons koppe, laatnag, wannneer ons eintlik moet slaap... Ons veiligheid. Ons kinders se toekoms, gesondheid. Hoe gaan jy hierdie maand daardie rekening betaal? Jou huwelik of 'n vriendskap is dalk op 'n snaakse plek of selfs naby skipbreek? Dalk ons eie gesondheid wat 'n lelike rapport gekry het... 'n finale een...wat jou asem weggeruk het...wat jou, die mense om jou, dae en minute met '...

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met ...

Droom Soos 'n Kind

Vir die Nasie-tema: SOOS 'N KIND, het ek nogal baie te sê! Ek het, 'after all', 4 kinders. Jip 4. Bid asb vir my. Haha...dis wat 'n oomie nou die dag in 'Pick 'n Pay' se parkering vir my ges ê  het toe my jongste nie in sy kar-stoeltjie wou klim nie en sy ander boeties oral om die kar bedrywig is. Sussie rustig op haar foontjie, rol net haar oë vir haar boeties. Hy het geglimlag en gesê "Ek bid vir jou". Ek het gegiggel en gesê: "Dankie. Dis wat my aan die gang hou, almal wat vir my bid." Grappies op 'n stokkie.  SOOS 'N KIND  laat my dadelik dink aan Heidi: kaalvoet, sorgeloos en huppelend gelukkig! Ek het myself altyd vereenselwig met haar en wou soos sy wees. Ek onthou my Juffrou se boodskap in my handtekening boekie van Graad 7 "Bly altyd so vriendelik en lewenslustig"....... En dan besluit jy plegtig: maar natuurlik sal ek, ek belowe Juffrou!  Dis mos maklik om net te wees wie jy is. Maar dan gebeur die lewe...