Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Junie, 2016

Twee Grade van Moord - Die Resensie

Twee Grade van Moord - Die Resensie Die lokprent skakel/video hier: https://www.youtube.com/watch?v=r9tnjgZWjbI 'n Aangrypende film wat hedendaagse kontroversies aanspreek. Dit is 'n storie wat met die kyker se hart en motiverings praat. Die groot vraag in die film; "Wat Sou Die Liefde Nou Doen?" is beslis 'n universele vraag waarmee enige een kan identifiseer...'n Vraag wat elkeen al, op sy manier, in hierdie lewe, moes beantwoord en steeds antwoord. Twee Grade van Moord is 'n storie van 'n gesin wie se lewe in 'n oogwink verander nadat Marius Weyers se karakter, Ben, met 'n seldsame siekte gediagnoseer word en hoe elkeen dit verwerk op sy unieke wyse. Ben se groot lewens versoek, verder in die film, ontlont die groot vraag wat die "backdrop" van die film skep. Daar is ook ander uitlopende stories en karakters; van 'n singende hond, gay seun, joernalis, rooikop pasiënt en haar musikant kêrel, wat die film staaf, inkleur en varias

Kompetisie Tyd op NasieInspirasie

NasieInspirasie gaan daaroor om nie te kyk na alles wat jy NIE het NIE, maar na alles wat jy wel HET en dit te gebruik om jou PASSIE uit te leef. Al voel dit soms te min of nie goed genoeg nie... Dalk het jy 'n talent wat begrawe lê?... jy kan dalk mooi sing, fluit, teken, skryf of verf?....dalk iets anders? Bring net wat jy het. Dis Genoeg. 'n Klein VONK kan 'n groot Woud laat Brand! Wanneer ons, ons PASSIES uitleef INSPIREER ons die mense om ons! 1.LIKE en DEEL ons blad😁 2.Neem 'n foto📷: wat is JOU PASSIE?? ...Iets wat jou passie beskryf. Plaas dit in die "comments" van die facebook link waarop jy geclick het of in die "comments" op hierdie blad. Jy kan dit ook epos na: nasieinspirasie@gmail.com Kompetisie sluit 30 Junie 2016. Die Inspirerende WENNER word die 1ste Julie aangekondig. Pryse:  *2 Kaartjies na die rooitapyt Premiére in Johannesburg van die nuwe film: "Twee Grade van Moord" (wenner moet woonagtig wees in Gauteng of naby omge