Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Desember, 2017

Golden Globe-toekennings

Dis amptelik - MOLLY’S GAME en I, TONYA het albei verskeie benoemings ontvang vir die 2018 Golden Globe-toekennings, wat op 7 Januarie 2018 uitgesaai word. MOLLY’S GAME is benoem vir Beste Draaiboek (Aaron Sorkin) en Beste Aktrise in ’n Drama (Jessica Chastain), terwyl I, TONYA weer nominasies vir Beste Ondersteunende Aktrise in ’n Speelfilm (Allison Janney), Beste Aktrise in ’n Musiekblyspel of Komedie (Margot Robbie) en Beste Fliek (Musiekblyspel of Komedie) ingepalm het. Albei rolprente spog ook reeds met ’n lang lys benoemings en toekennings van ander Rolprentfeeste, regoor die wêreld, soos: MOLLY’S GAME is ’n aangrypende, spanningsdrama oor die lewe van Olimpiese skiër en ondergrondse dobbelkoningin, Molly Bloom ( Jessica Chastain ), wat vir ’n dekade lank eksklusiewe, hoë risiko, ondergrondse poker-kompetisies gehou het, voordat sy een aand deur 17 FBI-agente, met outomatiese gewere, gearresteer is. Hierdie aksiebelaaide rolprent wys hoe sy probeer om haar spelers,

#withlove - #metdieliefde

Guest at your Table is a collaborative project by artists from the Garden Route, South Africa. Inspired to bring change and spark others to do the same.  It started as a busking project to collect funds for the homeless, but we decided to take it a little further... Download this song for FREE!!! If you wanted to purchase it; rather pay it forward with a random act of kindness; be it to a charity or a person in need!!! #R10challenge Download HERE Artists: Janine Fourie Musisean Hakkiesdraad Hartman Chadd Poggenpoel Carel & Riska Du Plessis Recorded & Produced by: Jo Ellis Music www.joellismusic.com a tiny spark can set a great forest on fire #withlove #metdieliefde #nasieinspirasie #nationinspiration

Krismis Koek! #bakgat

Bakgat se maklike vrugtekoek resep.  (spesiaal vir Kersfees) Bestandele: 500g margarien 500ml / 2 koppies suiker 9 eiers 625g koekmeel 5ml bakpoeier 5ml nutmeg 7,5ml mixed spice 100g neute (ek gebruik gevlokte amandels, maar jy kan enige neute van jou keuse gebruik) 1,4kg baker’s mix (by bak winkels kry jy verskillende pakke: Net gemengde rosyne, rosyne met kersies of rosyne, kersies en neute) Jy kan weereens kies watter een jy wil gebruik. 250ml brandewyn (enige handelsnaam) Hoe nou gemaak? Klits die margarien en suiker saam tot sag en romerig. Breek eiers een vir een by en klop deeglik voor volgende eier bygevoeg word. Sif meel, nutmeg, mixed spice en bakpoeier by. Voeg neute, vrugte en brandewyn by en meng goed. Plaas in gesmeerde panne en bak vir ongeveer 1h30 by 140˚C. Ek gebruik 2 groot silikon ringpanne vir die hoeveelheid beslag, maar indien ek kleiner pannetjies gebruik, bak dit net ‘n bietjie korter tyd. (PS: Silikon panne hoef nie gesmeer of gespruit te

Nicolette Geldenhuys - The Journey

NasieInspirasie het die 16de November gaan kuier by The Showroom kunsgallery waar Nicolette Geldenhuys haar boek “The Journey” bekendgestel het asook van haar kunswerke uitgestal het. Wat ‘n fenominale vrou! Dinamies en aansteeklik! Ek het ‘n baie besonderse voorreg gehad om haar te sien waar sy net haarself was tussen vriende, familie en kuns entoesiaste. Elkeen van hulle was geaffekteer en aangeraak deur Nicolette se hart, haar lewe, haar storie, haar pad saam met die Here. Alhoewel sy dit duidelik stel dat sy ‘n introvert is, leun haar persoonlikheid heeltemal na die ander kant. Sy gee die indruk dat sy vol selfvertroue is, maar tog terselftertyd plat op die aarde. Na net twintig minute van gesels, is dit baie duidelik dat haar liefde en omgee vir mense baie diep in haar siel lê. Haar boek “The Journey” kan regtig meer opgesom word as ‘n journal . Dit reflekteer haar gedagtes as kunstenaar, haar begeertes na ‘n dieper verhouding met God en ‘n amper dankie-sê vir al die moo

I, TONYA

’n Driedubbele-draaisprong, ysskaatsrekord en al die tegniek in die wêreld, help niks as dit oorskadu word deur een van die mees sensasionele skandale van alle tye nie. I, TONYA is ’n fliek wat gebaseer is op die ware verhaal agter hierdie gebeure en sal jou op die punt van jou stoel hou... van begin tot einde.  Die voormalige ysskaatskampioen,  Tonya Harding  (Margot Robbie), was sterk op pad om een van die wêreld se grootste sportlegendes te word. Hierdie kompeterende ysskaatser was van jongs af ambisieus en doelgerig. Sy is die eerste vroulike solo-deelnemer wat die  VSA Ysskaatskampioenskappe  in 1991 gewen het met ’n gradering van 6.0 vir tegniek. In dieselfde jaar, is sy ook die eerste vrou om ’n driedubbele-draaisprong by die Wêreldkampioenskappe te voltooi, waarna sy tweede in die kompetisie geëinding het. Dit is egter nie waarvoor sy onthou word nie, maar eerder vir haar betrokkenheid in ’n mislukte aanval op haar grootste teenstaander, Nancy Kerrigan ( Caitlin Carver

BREATHE - with her love he lived

Wat sou jy doen as jou man se lewe ewe skielik onherroeplik verander en hy is by moedopgee se deur? Jy weier dat hy opgee en help hom leef met jou liefde, net soos wat Diana Cavendish ( Claire Foy ) gedoen het in hierdie inspirerende ware verhaal, wat eersdaags lewe kry op die silwerskerm. BREATHE is akteur, Andy Serkis (Lord of the Rings, The Hobbit: An Unexpected Journey, Rise, Star Wars: The Force Awakens, Dawn of the Planet of the Apes) se debuut as regisseur en hy het baie nou saam met draaiboekskrywer, William Nicholson (Gladiator, Les Misérables, First Knight) gewerk om hierdie storie van sy beste vriend en vervaardiger, Johnathan Cavendish (Bridget Jones’s Diary, Elizabeth: The Golden Age) se ouers met sensitiwiteit en empatie te vertel. Wanneer die agt-en-twintigjarige avontuurlustige en charismatiese, Robin Cavendish ( Andrew Garfield ) skielik verlam raak nadat hy polio in Afrika opgedoen het, is sy lewe aan skerwe. Maar gelukkig vir hom, weier sy vrou om op te