Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Mei, 2020

Oor Regte en Pynappels

Photo by Pineapple Supply Co. on Unsplash Otto Koning en sy vrou Carol is baie jare gelede na  Papua New Guinea  gestuur om as sendelinge onder die inboorlinge (kannibale) te gaan werk. Hy vertel dat die mense daar onsettend skelm en onbetroubaar was, of soos hy hulle genoem het "chroniese diewe."  Hy onthou eenkeer wat 'n dame van die dorpie waar hulle gewoon het, daar gestaan het met haar selfgemaakte hangertjie aan en aan die onderkant van hierdie hangertjie het hy hulle enigste blikoopmaker gesien hang wat sy uit hulle kombuis gesteel het... Hy vertel hoe bly hulle was om dit uiteindelik terug te kon kry. Sy vrou was 'n verpleegster en het dit natuurlik goed gesteriliseer toe hulle dit wel terugkry. Die destydse doekspelde wat sy vrou vir die gemeenskap se babatjies saamgebring het, was ook gesteel en deur die stamvroue as oorbelle gedra. Hy glo dat God hom daarheen gestuur het, om tussen hierdie skelm mense te gaan woon en vertel ook dat hy 'n baie spesiale