Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Januarie, 2020

Lizandra Winter op Toer

“Hoop en Geloof in die onsienlike... Winter leer ons die waarde van goeie vrugte dra...” Dit is die lirieke waarmee Lizandra Winter haar vertoning open saam met haar man, Ryhno, op kitaar. Op die 20ste Desember het hulle kom kuier hier tydens Lizandra se toer by die pragtige Restaurant en Kuns Gallery, Seeplaas in Grootbrak en was ons baie opgewonde om dit by te kon woon. Dis ‘n relatiewe klein gehoor wat ondersteun vanaand en ek kan nie help om terug te dink aan ‘n praatjie wat ek eentyds bygewoon het waar daar toe net 3 gaste opgedaag het nie... Nou ja, 3 of 3000 - die idee is om getrou te bly! Die gehoor het hulle baie geniet en was ons beslis bederf met uitstekende vertolkings van eie skeppings asook bekende 'covers', waarvan Leonard Cohen se 'Hallelujah' en Bruce Springsteen se 'Dancing in the Dark', persoonlike gunstelinge was.  Jy sal Lizandra Winter dalk ken na 'n optrede wat jy onlangs bygewoon het of na die bekendstelling van die treffende