Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf September, 2016

Waterproof Principle 34 - Persevere

Persevere When I started this adventure, almost 5 years ago, all my posts were studies and reflections on life principles. One principle for every birthday. So now, I don't know if that was such a good idea. Lots of people will now know my age. (Hehehe!...Guess I'm taking one for the team). I remember saying to myself that if one person out there, somewhere, should happen to read the posts and be encouraged by it, that I would continue writing. It would be worth it. Deep stuff nê. Well, Ok, if that one person is your mother then you kind of feel like, ok aaaannnyone else except my mother, if anyone ELSE reads it then I'll continue to write.... My husband, sister, mother, some family members and friends were always reading my posts and supporting me in what I was doing. So I kept writing and the support kept growing. Thanks to all the somebodies, especially hubby, mommy and sussie, that were not out there somewhere, but somewhere in here❤️. Thanks for supporting

Wintervriend - 'n Kortverhaal

Wintervriend #nasieinspirasie Johané van den Berg “Nee, genade, die koue is stadig maar seker besig om my onder te kry hier op die berg,” bibber die jong donkerkop klappertand deur lippe wat al ligblou uitslaan in die ysige skerp luggie. Haar groen oë glinster ontevrede. “Nonsens, Juanita!” Haar buurvrou lag en skud haar dik ledemate heen en weer deur die enorme parka-baadjie, en die houtvloer van die dek onder hulle sidder effens onder haar gewig. “Jy bly nou in Lesotho. Die regte koue het nou eers begin, jy moet nie nou al kerm nie.” Juanita loer nukkerig en wantrouig na die vries-vaal wêreld van onder haar wolmus. “Toe ek die pos hier bo aanvaar het, het ek geweet dit gaan nie ʼn grap wees in die winter nie, maar ek het waaragtig nie besef dit gaan so erg wees nie. Waar is daai danige winterson waarvan julle my vertel het?” Haar stem, gewoonlik vol lewenslus, word deur die bloedrooi serp en die wind gesmoor. “Koue hierdie tyd van die jaar beteken sneeu, sneeu beteken toeriste en

Riana Nel, 'n #nasieinspirasie

Riana Nel #nasieinspirasie 1. Wat EN Wie inspireer jou? Mense wat hard werk en goeie dissipline het. Om deur te druk as hul iets besluit het. Mense wat met geloof lewe al lyk dinge bleek en mense wat kan lag in swaar omstandighede. Byvoorbeeld, my man. 2. Daar is tye, wat ons almal al beleef het of tans beleef, waar mens nie deurbraak sien in jou drome of dinge waarvoor jy vertrou nie, wanneer het daar iets soortgelyks met jou gebeur? Soveel keer al en soveel liedjies wat daaroor praat en eintlik waar ek met myself praat om my deur dit te kry bv. "Lord You know" op my eerste album; Die Moeite Werd. Ek het in London gebly vir 4 maande en dit was vir my baie swaar. 3. Jou aanhangers stap deur al die seisoene van jou lewe, deur jou liedjies, saam met jou. Watter positiewe impak het Luisteraars al op jou gemaak? Elke fb boodskap en tweet moedig my aan om steeds my hart oop te hou en eerlik te bly in my skryfstyl. Maar ek doen dit nie net vir daardie mooi woorde nie maar e

GELD

Sekerlik een van die dinge van die lewe wat die meeste oor ons vertel. Nie noodwendig, hoe baie of hoe min ons het nie, maar hoe ons daarmee te werk gaan en hoe ons dit bestuur. Kom ons kyk ook wat word gesê oor rentmeesterskap. STEWARDSHIP is the conducting, managing or supervising of something; especially the careful and responsible management of something entrusted to one’s care. (Stewardship of natural resources). Volgens die Institute of Faith, Works and Economics (definitief ‘n insigewende blad/organisasie) en Bill Peel van The High Calling wat ‘n opstel geskryf getiteld: Leadership is Stewardship. Volgens hom is daar 4 baie belangrike beginsels van bybelse rentmeesterskap (stewardship). 1. Die beginsel van eienaarskap (Alles behoort aan God – Psalm 24 – Dit is net vir ons om te bestuur) 2. Die beginsel van verantwoordelikheid. Eienaars het regte. Rentmeesters het verantwoordelikhede. 3. Verantwoording teenoor die Eienaar. ‘n Rentmeester bestuur die be