Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf November, 2015

In die Woestyn

“'n Woestyn is 'n gebied wat minder as 250 mm reën per jaar ontvang. Woestynplante en -diere het by die ongenaakbare toestande wat in hierdie gebiede heers, aangepas. 'n Voorbeeld is sommige plante wat wasbedekte blare het (soos die kreosootbos) wat oormatige verdamping voorkom, terwyl ander (soos kaktusse) hul vlak wortels uitsprei om water op te vang en in hul sponserige weefsel berg. Die meeste woestyndiere ontsnap bedags aan die hitte deur in gate te skuil en snags aktief te wees.”- Wikipedia Vroër die jaar het ek en my 6 jarige dogtertjie oor die woestyn gesels en geleer. Ons was so beindruk met die feit dat kamele se ooglede so dun is dat wanneer hulle hul oë toemaak tydens sandstorms hulle nogsteeds kan sien. Dis wonderlik hoe die natuur, soos ‘n groot legkaart, perfek gemaak is, pas en werk! ‘n Ander naam vir Woestyn is… verlate of onvrugbare plek… in engels….”wasteland…abandoned….barren” Ons ervaar seisoene van DROOGTE, VERLATENHEID ONVRUGBAARHEID… Vroër die jaar v

Restorasie - Melissa Viljoen

Dis amper weer vakansie. Vir sommiges ‘n lekker lang vakansie, weg van werk en verantwoordelikhede. Ek het hierdie begin skryf, langs die see, met ons laaste vakansietjie... Vakansie bied kans vir herstel van harde werk. Soms voel dit of ons net rondjaag en nooit stil sit nie. Dan het mens eintlik nog meer gereeld rus nodig. Ons tv's èn tablets èn rekenaars èn fone èn ligte (in die ou dae was dit kerse) brand laatnag nogsteeds (behalwe as daar "loadshedding" is) en baie van ons slaap heeltemal te min. Ons liggame het slaap nodig om te herstel en te herlaai van die dag se gewoel. Ons is soos daardie robot in “Short circuit” wat meer en meer “input” wil hê. (youtube video https://www.youtube.com/watch?v=Pj-qBUWOYfE ) Hierdie herstel wat vakansie bring, gee kans om weer met ons gesinne te “connect”, stil te word en laat te slaap. Dit het my aan‘n dieper herstel laat dink wat ons ook te min tyd voor inruim... Na fisiese seerkry kan mens se liggaam herstel,

Naomi se Storie

“If you haven’t lost you have not lived…” – Die Lewendige Risikos   Hierdie frase kom in my gedagtes vanoggend. Ek het gewonder oor die feilbaarheid van die mens. Ons raak so geheg en lief vir mekaar en dan moet ons mekaar op ‘n stadium afstaan…nie omdat iemand getrek het of in ‘n ander land gaan woon het nie, maar ons staan mekaar af aan die dood. Daardie onbekende, laaste hoofstuk in die groot  boek van Lewe, maar ook een wat ons almal ‘n beurt gaan kry om te lees…   Ontmoet Naomi. Naomi Britz. Soos ons Bybelse Naomi, ken sy verlies. Dit wag haar in elke dag.   Ek het Naomi ontmoet by ‘n vroue-tee/40ste verjaardag viering van ‘n ander spesiale vriendin. Dis daardie soort tee’s waar ons dames saamkom, “real” raak, bietjie “soppie en seeperig”…. Ons huil, lag, deel harte en eet natuurlik om dit alles mooi af te rond... :)   Naomi beteken “pleasant”, “delightful”… Dis een van daardie vriendinne wat soos die versiersuiker is op ‘n droë, lewelose kolwyntjie. Dit is hoe ek haar ervaar het.