Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Oktober, 2017

NasieInspirasie Skrywers

NasieInspirasie is 'n span van vrywillige skrywers in die George, Mosselbaai en Pretoria omgewing wat 'n postitiewe verskil in Suid Afrika wil maak dmv opbouende kuns-en musieknuus. Ons woeker graag met ons talente en wil Sleepvoet-dromers inspireer om dieselfde te doen. Don't die with your music still inside you - Wayne Dyer nasieinspirasie@gmail.com Facebook: NasieInspirasie/NationInspiration Instagram: @nasieinspirasie Twitter: @iskra Volg #NasieInspirasie Facebook:  NasieInspirasie/NationInspiration Blog:  www.nasieinspirasie.blogspot.com Instagram:  @nasieinspirasie Twitter:  @iskra #NasieInspirasie se hart klop om sleepvoet-dromers te inspireer. Waardeer jou eie uniekheid, gebruik jou talente en natuurlike gawes. “‘n Klein vonk kan ‘n groot woud laat brand.” #nasieinspirasie

Jak de Priester - 15 JAAR

Foto: Gert Mulder Na vyftien suksesvolle jare in die Suid-Afrikaanse vermaakbedryf, het Jak de Priester beslis geen bekendstelling nodig nie. Hierdie bekroonde Pretorianer, met sy sielvolle stem, betekenisvolle lirieke, ritmiese musiek en vermaaklike verhoogpersoonlikheid, het oor die jare diep in sy ondersteuners se harte kom nesskop. Vandag is dié Sally Williams Nougat-sanger ’n gevestigde naam, met nege studio-albums, ’n kinderalbum- en DVD, ’n boek, ’n digbundel en verskeie verhoogproduksies op sy kerfstok. Hy het ook in 2012 televisieaanbieder by sy indrukwekkende CV gevoeg. Ter viering van sy vol en suksesvolle loopbaan, het Jak onlangs ’n splinternuwe album, 15 JAAR, uitgereik, vol moet-hoor-snitte, wat luisteraars van begin tot einde sal bekoor. “Ek wou graag my vyftien jaar in die musiekwêreld met ’n album vier. My temalied is ‘15 Jaar Met Klavier En Kitaar’, so hierdie is ’n produk van hoe my vaardighede as liedjieskrywer oor die jare gevorder het,” vertel die sang

#Bakgat Gesondheidsbeskuit

My ouma het altyd gesê: “As jy kan lees, kan jy bak”. Ek het dit altyd geglo en wyd en syd verkondig, maar vandat ek self begin bak het vir ‘n lewe, het ek agtergekom dat jy meer leer met ondervinding as wat enige resep jou kan vertel. Soos ek dan nou hierdie resep met julle deel, deel ek dan ook my ondervinding, wat ‘n paar vrae dalk vir julle sal opklaar en natuurlik die mite dat beskuit moeilik is om te bak van die tafel afhaal. Bestandele: 1kg Bran Rich Self Raising Flour  (of gewone self raising flour as jy nie so baie van semels hou nie) 10ml Bakpoeier 10ml Sout 125ml Klapper 250ml Sonneblom sade 100ml Rosyne 50ml fyn gekapte neute van jou keuse 500ml All Bran Flakes  (goedkoper bran flakes ook goed, maar proe nie so lekker nie) 250ml Suiker (wit of bruin, maak nie saak nie) 500ml Oats (maak nie saak watter ‘brand’ nie) 500g Botter (gesmelt) 500ml Karringmelk Hierdie is die basis waarvan af ek werk. As ek nie bv. Oats of rosyne het nie, sal ek dit vervang met dieselfde

Faraway George

Faraway George is naby aan die inspirasie hartklop. Sy liedjies is eerlik en eenvoudig mooi met uitstaan lirieke daardeur geryg. Sy musiek laat my baie dink aan 'n "stywe-draadjies-losmaak-gevoel" van die lewe: om minder te doen, om minder te probeer en om net te wees. Wanneer woorde en klanke en beelde te veel word en die eenvoudige waarhede genoeg is. 1. Vertel ons lesers meer van jouself My naam is Heinrich George Günter, ek het begin optree as Faraway George nadat ek vanuit my geboortedorp Polokwane na Robertson verhuis het in 2011. Ek is 'n liedjieskrywer en musikant en ek woon tans in Pretoria. Ek het 'n EP in 2016 vrygestel met die naam - Vir 'n Vreemdeling. Wat bestaan uit oorspronklike liedjies. Ek trou ook binnekort met die meisie van my drome :) 2. Wat was een van die vreemdste plekke waar kreatiwiteit of inspirasie-golwe in jou ingebots het? Dit sal baie gebeur voor ek gaan slaap dat ek 'n paar lekker lirieke kry, maar dit gebeur mees

Inge INK is Hemels

Inge INK  is 'n veelsydige kunstenaar; danser, skrywer, dramaturg en digter. Sy vertolk groot, brandende waarhede deur haar vonkies ink en die eenvoudige tandestokkie, of soos sy dit noem 'toothpickink' 1. Vertel asseblief ons lesers bietjie meer van jouself en hoe  Inge INK begin het? Ek woon in Somerset Wes en het hier grootgeword. Ek het grafiese ontwerp gestudeer in Stellenbosch en by ‘n Advertensie agentskap begin werk, maar ek het nie daarvan gehou nie en toe, met die Here se genade en gebed, het ek my eie besigheid begin -“Fashion Décor and Styling”. So ek het vir shopping malls regoor Kaapstad, Somerset Wes…al die groot shopping malls, se fashion en décor goed hanteer. Dit was wonderlik, ‘n werk wat die Here vir my geskep het deur ‘n vriendin, Jana Kuipers. Ek het verskriklik baie geleer. Ons het baie min op ons rekenaars gewerk. Dit was awesome , want dit was iets wat die Here vir my gegee het en iets wat perfek by my persoonlikheid gepas

Walking on Waves

It’s not Over Meet William, originally from Cape Town, he recently moved to the beautiful coastal gem,  Mossel bay, in South Africa. William is just a regular guy, living a relatively simple life, but he is someone who loves passionately through simple acts of kindness, creating a movement, crossing borders and bringing oceans of people together in a phenomenally complicated world through surfing.  What inspired William to start Walking on Waves? He moved to Muizenberg in 2012 and has always been involved in commercial surfing, but in 2014 he had a desire to do something that would benefit the community in a different way. There was a need. People in his line of work were focused on commercial surfing and helping the underprivileged through surfing, which is great, but what about everybody else? What about trauma victims or kids whose parents were going through a hectic divorce? Someone who is suicidal or depressed? Just helping someone who is in a dark space in their lif

1925BAND Album Bekendstelling

NasieInspirasie het die 27ste September heerlik gekuier by die CD bekendstelling van 1925 Band. Die drie broers se musiek het ‘n nuwe, vars ritme en gevoel daaraan. Hulle stemme komplimenteer mekaar perfek en jy kan sommer deur die musiek hoor hoe diep hulle liefde vir musiek en vir mekaar lê. Hulle het my diep beïndruk met hulle optrede. Die harmonië wat hulle sing is iets nuuts in die Suid Afrikaanse musiek bedryf en word beskryf as “acoustic/folk” op hulle Facebook blad , maar dit maak nie saak hoe jy hulle styl wil “label” nie, hulle neem jou na 'n nuwe vlak van genot, deur hulle musiek.  Centurion Teater was briljant met die bekendstelling en het die media sommer vinnig tuis laat voel. Hierdie, as my eerste onderhoud, was ‘n ongelooflike ervaring. Die manne is plat op die aarde en so vol grappies, dat ek nie anders kon as om hulle te geniet nie. Charmaine (NasieInspirasie): "In die malle, dolle wêreld waar die musiekbedryf nogal  ‘flimsy’  kan wees, hoe bly jull