Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Januarie, 2017

Tania van der Walt

Drawn Pencil Sketches #nasieinspirasie Tania is 'n potloodskets-kunstenaar van Pretoria en het ook #Nasieinspirasie se koerant voorblad, van die ou oom in Mosselbaai, geskets. Sy teken met haar hele hart en leef haarself absoluut in haar sketse uit. Wanneer jy met haar gesels kom jy gou-gou agter dat sy iemand is wat werklik omgee vir ander. #Nasieinspirasie het dieper gaan delf om die persoon wie die potlood vashou beter te leer ken. 1. Vertel ons lesers asb bietjie meer van jouself? My naam is Tania van der Walt, ek is 25 jaar jonk en van Pretoria. Ek het vir 8 jaar in Potchefstroom gewoon en geleer. Ek is in Potch getroud en het my kuns loopbaan daar begin. Ons het onlangs weer terug verhuis na Pretoria. 2. Wanneer het jy jou skets-passie ontdek en begin uitleef? Ek het van kleins af graag geteken. My skool maats het my altyd gevra om vir hulle sketse te doen van gewilde kartoon karakters. Dit was eers in Hoërskool dat ek besef het ek teken beter as meeste van die

Hoener met die Rooi Skoene

Fliekresensie Melissa Viljoen Hoener met die Rooi Skoene se onortodokse naam ontlont dadelik nuuskierigheid. Jy wonder waar pas dit in die storie in en sien die prentjie van die hoener met sy rooi skoene in jou geestes-oog. Regdeur die fliek wonder en ontleed jy. Die fliek speel af op n tipiese "dark and stormy night" soos 'n goeie spanningsfliek móét. Die fliek is vol pittighede. Ek het paar keer onwillekeurig hardop gelag en met tye 'n skerp opmerking,   'n paar sekondes later eers gesnap en gegiggel. Jy moet fyn luister vir die skerp dog donker humor.  Daar word 'n "bizarre" moord-toneel geskets en dan is al die "usual suspects" daar om, met hulle droeë humor, jou leidrade te gee en sommige om jou op 'n dwaalspoor te stuur van die vraag  "who-done-it"? Interessante ongeruimdhede sorg vir 'n hele paar verrassings. Daar is so baie los draadjies om te volg dat dit jou aan die wonder hou tot aan die einde.  Die musi