Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Augustus, 2016

Liefde is Tuis

Don't turn too soon, One turn too soon can spell disaster... Ek het nog altyd gesê “Amazing Race With Kids” sal ‘n "great" program maak. Wat “Amazing Race" vir my interessant maak is die dinamika tussen die paartjies wanneer die situasies stresvol raak. Sit nou 3 moeë kindertjies by die mengsel by en die resultate is baie lagwekkend, na die tyd natuurlik, as dit nie jy is wat daardeur is nie… In die oomblik was ons almal baie benoud gewees. Ons het die afgelope naweek gesien hoe een afdraai te vroeg katastrofies kan wees. Ons was oppad na Tzaneen, vir die eerste keer ooit. Die rit het baie goed gegaan tot net voor die einde. Hou moed, die laaste stuk van die pad is mos altyd die moeilikste, het ek gedink. As die GPS sê dit gaan 1 en ‘n halfuur vat om 80 km te ry, glo hom! Die van julle wat die pad ken weet dis ‘n pragtige stuk pad deur die berge, vol kronkels en draaie en mense wat aan die verkeerde kant van die pad ry?!? Dis gevaarlik, veral met skemer,

Liefde is Tuis

Ledigheid Ek het ‘n ruk terug vir my oudste ‘n praatjie geskryf oor ledigheid. Voor ek my kon keer het ek ‘n blog ipv ‘n Graad 3 praatjie geskryf, uit gewoonte van ‘n ander gehoor. Ek het paar aanpassings gemaak en deel graag met julle hier: Ledigheid is nie die duiwel se oorkussing nie, oorvol skedules maak ons oordrewe! My ma hou baie daarvan om te sê: “ledigheid is die duiwel se oorkussing”. Sy maak my partykeer sommer al vroeg in die oggend moeg, want ons mag nie sit en niks doen nie. Ek wil julle, en my ma, oortuig dat daardie gesegde deesdae, in my opinie, oor die muur is, want ons is almal so besig! Ek dink ons moet die gesegde her-oorweeg om by ons era te pas. Ek dink oorvol skedules is die duiwel se oorkussing en ek wil graag aan julle, en my ma, die volgende redes voorlê dat ons met oorleg alles kan oorweeg. Eerste oorweging: Oorvol skedules Dis waar dat ons nie moet lui wees nie. Spreuke 6:6 maan ons “Gaan na die mier, luiaard, kyk na sy weë en word wys!” Maar on

Noem My Skollie - Die Resensie

#NasieInspirasie Fliekresensie: Noem My Skollie Duur: 2.5 ure Skrywer: John W. Fredericks Regie: Daryne Joshua Vervaardiger: David Max Brown Klankbaan: Kyle Shepherd (Geskik vir kykers vanaf 18jaar) Kyk, dis die eerste fliek wat my binne my sitplek in die teater laat voel het ek is verseker nié veilig nie. Noem My Skollie is hard en onverskrokke, maar baie eg tot die werklikheid. Die feit dat die film gebaseer is op John W. Fredericks (die skrywer) se lewensverhaal, maak dit net meer roerend. Na jy dié wêreld van daaglikse geweld en oorlewing op die Kaapse vlaktes en in Pollsmoor se tronk uitgebeeld gesien het, sal jy sukkel om weer op dieselfde, haai-shame-dis-darem-erg manier daar verby te ry. Gevolglik speel baie gebeure af in areas waar jy as kyker al self voetspore gelos het, en dít bring die film ook baie nader aan jou eie lewe. AB, Gimba, Gif en Shorty is tipiese jong seuns wat in die 1960’s hul geluk uitprobeer in hul eie bende, Young Ones, totdat AB en Gimba deur die polis