Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Julie, 2020

Klein Vonke vir 'n Sleepvoet Dromer

foto: Zara Walker /unsplash Toe ek klein was het ek van my musiek 'tapes'; Kylie Minogue, George Michael, Queen...., gestop en ge'play' na elke sinnetjie sodat ek presies kon hoor wat die kunstenaar sĂȘ. Ek het dit dan ook neergeskryf... hoekom weet ek nie, want al die lirieke het gewoonlik saam die 'tape'-kassie se omslag gekom...maar nouja. Kylie Minogue en al daardie jare se musiek het later verander na Counting Crows, Cranberries, Nirvana, Foo Fighters, Pearl Jam, Skunk Anansi en hopeloos te veel Tori Amos soos ek groter geword het.  Musiek en woorde het my veilige plek geword waar ek kon asem skep, hoor en voel hoe ander hulself uitleef en ook formuleer hoe ek voel en hoe ek myself wil uitleef.  Skryf en sing het heelwat natuurlik gekom. My pa het gedig toe hy jonger was en my boetie (wie ek die Skim noem) het die skryfbol aan die rol gesit, hy het my geinspireer. As sy kleinste, nuuskierigste sussie het ek altyd 'n punt gemaak om sy kamer in ons huis op