Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Februarie, 2017

HemelBesem

Foto: Ference Isaacs #Nasieinspirasie het so bietjie gesels met HemelBesem.  'n Kreatiewe hart agter daardie "funky" hemde - met 'n passie vir mense en musiek. 1. Welkom by Nasieinspirasie! Vertel ons asseblief meer van jouself? My naam is Simon Witbooi en ek tree op onder die alias HemelBesem. Ek's maar in die "entertainment" industrie as 'n edutainer en ek is maar 'n Weskus Klong. 2. Jou musiek is kreatief en opbouend. Wat of wie inspireer jou? Die antwoord is maar 'n baie cliche een, maar dis waar. MENSE. Op een of ander manier vervat ek mense se stories in my musiek of skryfwerk. Ek is maar "by nature" 'n noukeurige observeerder. 3. Hier op Nasie "celebrate" ons bouende lewensbeginsels wat mense verryk. Het jy ENIGE beginsels waaroor jy sterk voel? PRAAT MINDER EN LEEF HARDER! 4. Gebruik wat jy het net daar waar jy is. Watter waarde het die gesegde vir jou en hoekom?  Ek het iets soortgel

YOMA

#Nasieinspirasie het met YOMA, 'n rymkletser, kennis gemaak. Rymklets of "rap" is nie iets nuut nie, maar vir Afrikaans is dit 'n gewone meisie met 'n nuwe jas, gereed vir die Arikaanse massas. 1. Baie Welkom! Vertel ons so bietjie van jouself? YOMA is die naam, en ja dit moet met hoofletters geskryf word. As jy dit in kleinletters tik en "search" gaan jy net op klomp Japanese mense afkom. Ek is afkomstig van George en woon tans in Gauteng. 2.Wat of wie inspireer jou om jouself in die kuns van rymklets uit te leef? Ek moet sĂȘ Lauren Hill is steeds 'n dame wat my grotendeels inspireer. Alhoewel sy lanklaas iets nuut uitgebring het, behou haar musiek soveel diepte, waarheid en soul . Dit raak nie oud vir my nie. In essensie is dit waarna ek strewe: om gehalte musiek te maak met 'n boodskap. Ek is passievol oor mense, veral die jeug, en wil 'n merk maak om ander opkomende rymkletsers te wys dat, as vrou, hoef jy nie hal

Vuurpyl-Liefde

Wie's moeg vir die pop-rooi plastiek rose,  " cupids"  en sagte teddie-bere wat hartjies vasklou? Almal wil bemin word deur perfekte liefde, maar niemand is perfek nie... - good luck with that! Valentynsdag is baie pret, maar ons almal weet dis die "microwave" deel van ware liefde. #valentynsdagiselkedag Foto Ontwerp:  https://www.etsy.com/listing/501850455/anti-valentine-card-cupid-rhymes-with?ref=market Ek wil eerder, in hierdie liefdes-seisoen, minder oor "cupid" gesels en meer nadink en gesels oor Vuurpyl-Liefde... Onvoorwaardelike, uitgaan- of gee liefde. As ek jou teen die tyd verloor het...hou moed!  Ons het onlangs verhuis.  Die groot trek. 'n Ontworteling van als wat bekend is na die minder bekende. Omdat trek altyd maar 'n laat-gaan-en-optel-aan-die-ander-kant proses is, het die hele ontwortel en weer plant my baie laat dink aan ouers se liefde vir hulle kinders en hoe moeilik dit kan wees vir ouers om h