Slaan oor na hoofinhoud

Plasings

Wys tans plasings vanaf Februarie, 2018

Discover Your Purpose

TO THE ONES WHO STOP TO ASK We are so easily bamboozled by the  ‘smoke and mirrors’ and daily social pressures in today’s culture. The systems and ideas that we have allowed to shape us… What if we just stopped…. stopped to really question our purpose?  “Is what I am doing, really what I want to be doing - for the rest of my life? What I should be doing…? What have I dreamed about doing? What would I be doing if everything was working together, in my favor?” Some of the most inspiring people in history are those who didn't just stop to ask, but who followed through on what they heard their hearts saying...the world forever changed by it. For some years, NationInspiration has aimed all its content to motivate and aid readers to discover and use their talents, passions and find their purpose in life and to get working in that direction.  It was like someone opened the heavens. Refreshing; like the rain that fell recently, when similar voices with the same message of pu

Cheswyn Ruiters

Cheswyn Ruiters is aan sommige bekend vir sy deelname aan SA's Got Talent 2017. Hy woeker steeds met wat hy het en hou binnekort 'n Gospel konsert om fondse in te samel vir sy studies in sy finale jaar by die Universiteit van die Wes Kaap.  Nuwe lid en skrywer van die Nasie-span, Allen Melite,  het 'n onderhoud met hom gevoer vir 'n bietjie inspirasie!  Alle Groot Dromers het klein begin en 'n klein vonk kan 'n groot woud laat brand! #nasieinspirasie 1. Hoe voel dit om ‘n finale jaar student te wees? Dit is definitief baie werk, baie laat nagte wat ek moes wakker sit sover, maar ek maak gebruik van elke geleentheid en geniet ook my studentelewe en werk hard. 2. Wat maak UWK so gewild? Die verskeidenheid van kulture wat daar is. Vir my wat van 'n klein dorpie af kom was dit groot om al die mense te sien op kampus en hoe groot die kampus self is. Wat maak UWK so gewild?...sonder twyfel die “Gatsbys!”. 3. Wie is die persoon met wie jy sou

THE ROAR

Dis lanklaas wat 'n fliek my so opgewonde gehad het dat ek my man wil afvlieg om die uitsending in George te gaan kyk. Die fliek waarvan ek praat is THE ROAR, 'n Frans Cronjé film,  wat ek onlangs in Pretoria met die vertoning daar gaan kyk het vir resensie doeleindes. Die film stem so wonderlik ooreen met Nasie se leuse en hartklop... Die hele fliek gaan daaroor om uit te vind wat jou lewensdoel is, dit raak te sien en om dit te bereik. Spreker, Gustav Gous was ook daar gewees. Hy praat gereeld oor lewensdoel en sy insprake was vir my baie spesiaal gewees. Hy het gesê mense dink hulle het net een doel, maar ons het eintlik ten minste 9 doele wat God vir ons elkeen uniek gemaak/gegee het. Dit was vir my 'n baie lekker ervaring en veral om te sien hoe opgewonde Frans Cronjé is oor hierdie film! The Roar vorm deel van 3 verskillende films onder die Purpose Campaign . 6 Below wys reeds by lokette, The Roar en Victor is die ander twee en word die 2de Maart en die 13de

As jy dit kan dink, kan jy dit doen

Wel, dis die begin van ‘n nuwe jaar. Oral waar jy kyk spook mense om vol te hou by hul Nuwejaars resolusies, meeste wil Desember gewig afskud (ek is een van hulle) en ander wil spiere bou. Vir sekeres is dit dalk die jaar van groot gebeurtenisse en dan is daar natuurlik ook ‘n paar siniese-siele wat gaan met die vloei van dinge, “ag wat gebeur gaan gebeur”, maar vooruitsigte, al is dit hoe gering, sit elkeen iets uit om na uit te sien en stel ‘n doelwit of twee om na te streef. Ek het onlangs in ‘n plaaslike eetplek gesit met ‘n paar vriende, my boeties (natuurlik ook my ‘besties’) en ‘n wild-vreemdeling, hy kom na ons tafel en vra of hy ons kan ‘join’, vanselfsprekend is almal heel opgewonde vir die baie beleefde mannetjie wat toe sommer nuwe lewe blaas in die geselskap. Die kuier het heel aangenaam verloop, maar daar was iets wat hierdie ‘random dude’ genoem het wat bly maal deur my kop en ek wil dit graag met JOU deel… Hy sê, “As jy ‘n gedagte het wat jy dink jou lewe en die m

Diep Spore Trap

Die lewe kyk soms afdraend op 'n mens en die pad vorentoe kan 'n opdraende stryd wees vol kronkels. Wanneer dinge moeilik raak wonder 'n mens soms:  "Waa-a-antoe is ek oppad?" en per gewoonte verg besinning op 'n kruisweg, denke van 'n strategiese soort. Bepeinsing se konsensus hang in die weegskaal terwyl diplomasie 'n balans probeer handhaaf.  Wat is die verskil tussen my doel en my doelwitte?  As ek net die verskil in massa kon bereken kan ek mos bepaal wat dra meer gewig, want ek is oortuig die swaarste een gaan die diepste indruk los.  Wat is die gemiddelde kilogram per kilometer? Angs loop, sit en naels kou: "Tiep nou na 'n kant toe asseblief" en die vervolgings waansin het my beet: 'Gaan jy spoorloos verdwyn of gaan jy darem 'n spoor los jou moegoe?' 'Gaan die spoor gevolg word of gaan die spoor soos kaf voor die wind verstrooi word?' Aai!...ma wag gou 'n oomblikkie . Hakki

Tay Art

Chanté van der Spuy - TAY ART In Desember 2017 het die 16-jarige Chanté, van Punt Hoërskool, die eerste keer haar kunswerke op facebook geplaas en ‘n golf-goeie-reaksie op haar skilderwerk gekry. Sterk oppad om Medies te studeer nà skool, het dit veroorsaak dat sy haar toekomsplanne her-oorweeg en besluit het om eerder vry-vlerk, met kunskwas, die toekoms in te stap. “Ons het in Mosselbaai gewoon toe ek klein was, tot en met so 7-jarige ouderdom. Ons het daarna heelwat rondgetrek, maar het weer in Mosselbaai kom woon vanaf 2013, toe ek in Graad 6 was.” “My ouma, Rina Vos, was ‘n bekende skildernaar, jare gelede”, vertel sy. "Sy het my van die begin af ingelei, vir my verf in my hande gesit en geleer teken. Sy het die passie in my aangesteek. Ek het ook kreatiewe tydtjies saam met Ri ë tte (Rut Art) deurgebring toe ek klein was, voordat ons getrek het. Ons het intussen weer kontak gemaak en skilder soms saam.” Om te teken en te skilder was nog altyd ‘n manier om haar kop skoo

Bakgat se Top Tips en Truuks

Ek het dit goed gedink om hierdie keer so paar idees met julle te deel om net die bakproses bietjie makliker te maak vir julle. # Tip 1 Dit gebeur soms met my dat ek op die nippertjie ‘n koek of cupcakes moet bak vir ‘n bestelling, of ek wil sommer net vinnig ‘n vriendin bederf wat oorkom vir koffie. Ek besef ek het geen eiers nie!!! Gaan ek nou eers alles los en winkel toe ry en dan laat wees vir die afspraak of miskien is ek net nie lus om gou eiers te gaan koop nie? (Julle moet weet somtyds is ek wit van die meel terwyl ek in my kombuis woeker). So, al wat jy doen is om vir elke eier in jou resep net ‘n groot opgehoopte eetlepel mayonaise in te sit. Mayo is basies mos maar net melk, eiers en asyn. Alles wat jou resep net sagter en meer donsig kan maak. Wanneer jy sjokolade koek bak en jy weet die resep is bietjie droog, gooi sommer ‘n eetlepel of twee mayonaise by om die koek daardie smulsagte tekstuur te gee. # Tip 2 Het jy nie ‘n eier skeier nie en sukkel jy om die wit van die

'n Nuwe Leon Schuster film

#frankandfearless2018 As Mamma van vier, sonder 'n " nanny" , vat dit baie beplanning om enige iets by te woon. Julle dink seker dis vreemd dat ek elke keer noem ek is Mamma van vier, maar dis hoe ek myself altyd voorstel....sodat mense kan gaan 'oooh ok, nou verstaan ek hoekom jy so moeg, vuil, kwaai lyk...' hehe... Die keer het ekstra beplanning gevat, want ek moes weg wees vir 12 ure. 'n Verlengde "vakansie" vir enige iemand met klomp klein kindertjies by die huis. Enige iemand wat in die laat 70's / vroeë 80's gebôre is in Suid Afrika is automaties 'n Leon Schuster fan, in my opinie. Leon Schuster is 'n legend . Sy flieks stel nooit teleur, om die klimaat van die land perfek uit te beeld, sodat almal met 'n lag EN 'n diep gedagte uitstap. Dis 'n gawe! Hierdie keer was ons, ek en Hubri, uitgenooi na die stel van die fliek "Frank and Fearless" , vir 'n agter die stel kykie. Gewoonlik is dit sover